Die Olimpiese Somerspele 1964 (Japannees: 第十八回オリンピック競技大会, Dai Jūhachi-kai Orinpikku Kyōgi Taikai), amptelik bekend as die Spele van die XVIIIde Olimpiade, is tussen 10 en 24 Oktober 1964 in Tokio, Japan, aangebied. Naas Tokio het Detroit, Wene en Brussel aansoek gedoen om die spele te kon aanbied. Dit was die eerste Olimpiese Spele wat in Asië aangebied is.
duimnael|links|Die Olimpiese Stadion in Tokio Tokio was vroeër (in 1940) al gekies om die Spele te organiseer, maar die spele is later aan Helsinki, Finland, toegewys vanweë Japan se inval in China en die uitbreek van die Tweede Chinees-Japannese Oorlog. Uiteindelik is die Olimpiese Somerspele van 1940 as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog se uitbreek gekanselleer.
Die organisasie van die 1968-Spele was, danksy 'n begroting van ses-en-twintig miljoen dollar, onberispelik. Die sportakkomodasie was nagenoeg perfek, met 'n indrukwekkende stadion en 'n reusagtige Olimpiese swembad. Ondanks hierdie skitterende infrastruktuur ontbreek die Spele skynbaar tog aan geesdrif en warmte.
Noord-Korea het sy atlete van die Olimpiese Somerspele 1964 onttrek weens geskille met die IOK oor die deelname van atlete by die GANEFO (Spele van die Nuwe Opkomende Magte) in Djakarta, Indonesië. Noord-Korea se boikot is ondersteun deur Indonesië en die Volksrepubliek China.
Die Olimpiese Winterspele 1964 is in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1964 is tussen 3 en 12 November in Tokio gehou.
Toewysing duimnael|links|Die Olimpiese ketel van 1964 Tokio is op 26 Mei 1959 in München deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1964. Ander kandidate was: Detroit, Wene en Brussel.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1964 Stad Land Rondte 1 Tokio 34 Detroit 10 Wene 9 Brussel 5
Sporte 19 Olimpiese sportsoorte in 163 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 163 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
20px Bofbal en 20px Budō is as demonstrasiesporte aangebied.
Stadions duimnael|Die Gemeenskaplike Duitse span tydens die openingseremonie in Tokio duimnael|Yoshinori Sakai hardloop tydens die openingseremonie na die Olimpiese ketel duimnael|Yoyogi Nasionale Gimnasium, ontwerp deur Kenzo Tange duimnael|Nippon Budokan 33 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1964 gebruik: StadionSporteKapasiteitOpgerig Asaka Nezu Park Moderne vyfkamp (perdry) 1 300 Tydelik Asaka Skietbaan Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet (pistool/geweer) 1 200 Nuut Chofu Stad Atletiek (maratoon, 50 km-loop) Nie gelys nie Tydelik Enoshima Seilvaart Nie gelys nie Nuut Fuchu Stad Atletiek (maraton, 50 km-loop) Nie gelys nie Tydelik Hachioji Stad Fietsry (pad) 3 000 Tydelik Hachioji Velodrome Fietsry (baan) 4 122 Tydelik Karasuyama-machi Atletiek (maraton, 50 km-loop) Nie gelys nie Tydelik Karuizawa Ruitersport 1 524 Tydelik Kemigawa Moderne vyfkamp 1 504 Tydelik Komazawa Gimnasium Stoei 3 875 Nuut Komazawa Hokkieveld Veldhokkie 2 056 (1ste veld)3 432 (2de veld)2 343 (3de veld) Nuut Komazawa-stadion Sokker (groepuitdunne) 20 784 Nuut Komazawa Vlugbalbane Vlugbal (groepuitdunne) 3 908 Nuut Korakuen Yspaleis Boks 4 464 Opgeknap Sagamimeer Kanovaart 1 500 Nuut Mitsuzawa Sokkerveld (Yokohama) Sokker (groepuitdunne) 10 102 Nuut Nagai-stadion (Osaka) Sokker (groepuitdunne) 20 000 Nuut Nasionale Gimnasium Basketbal, Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem 3 929 (basketbal)11 112 (sierduik, swem) Nuut Nasionale Stadion Atletiek, Ruitersport (spanspring), Sokker (eindstryd) 71 556 Uitgebrei Nippon Budokan Hall Judo 15 176 Nuut Nishikyogoku Atletiekstadion (Kioto) Sokker (groepuitdunne) 10 000 Bestaande Ōmiya Sokkerveld (Saitama) Sokker (groepuitdunne) 14 392 Nuut Chichibunomiya Rugbystadion Sokker (groepuitdunne) 17 569 Herbou Sasazuka-machi Atletiek (maraton, 50 km-loop) Nie gelys nie Tydelik Shibuya openbare saal Gewigoptel 2 222 Nuut Shinjuku Atletiek (maraton, 50 km-loop) Nie gelys nie Tydelik Toda Roeikursus Roei 8 262 Herbou Tokorozawa Skietbaan Skietsport (lokval) 1 284 Nuut Tokio Metropolitaanse Gimnasium Gimnastiek 6 474 Herbou Tokio Metropolitaanse Binnenshuise swembad Waterpolo 3 014 Herbou Waseda Gedenksaal Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) 2 194 Opgeknap Jokohama Kulturele Gimnasium Vlugbal 3 784 Opgeknap
Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
DatumOktober10Sa11So12Ma13Di14Wo15Do16Vr17Sa18So19Ma20Di21Wo22Do23Vr24Sa 20px Atletiek34565436 20px Basketbal●●●●●●●●●●1 20px Boks●●●●●●●●●●●10 20px Fietsry111121 20px Gewigoptel1111111 20px Gimnastiek●●2255 20px Judo●●4 20px Kanovaart●●7 20px Moderne vyfkamp●●●●2 20px Roei●●●●7 20px Ruitersport●●●2●●22 20px Seilvaart●●●●●●5 20px Sierduik●1●●11●●1 20px Skermsport●1111●111●1 20px Skyfskiet111111 20px Sokker●●●●●●●●1 20px Stoei●●●8●●●8 20px Swem●2233224 20px Veldhokkie●●●●●●●●●●●1 20px Vlugbal●●●●●●●●●●2 20px Waterpolo●●●●●●1 Totaal 0 1 4 3 17 19 12 12 13 17 9 14 13 27 2 Seremonies OS SSDatum10Sa11So12Ma13Di14Wo15Do16Vr17Sa18So19Ma20Di21Wo22Do23Vr24SaOktober
Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrikaanse deelname Suid-Afrika kon nie aan die Spele deelneem nie omdat hulle weens die apartheidstelsel geskors is. Hulle kon eers 28 jaar later aan die Olimpiese Somerspele van 1992 deelneem.
Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1964:
Gasheerstad Tokio duimnael|400px|Kaart van die Olimpiese boikot van 1964 Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) 346 36 26 28 90 2 (URS) 317 30 31 35 96 3 (JPN) 328 16 5 8 29 4 (GER) 337 10 22 18 50 5 (ITA) 168 10 10 7 27 6 (HUN) 182 10 7 5 22 7 (POL) 140 7 6 10 23 8 (AUS) 243 6 2 10 18 9 (TCH) 104 5 6 3 14 10 (GBR) 204 4 12 2 18
Sien ook Olimpiese Somerspele 1940 in Tokio beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak Olimpiese Winterspele 1940 in Sapporo beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak Olimpiese Winterspele 1972 in Sapporo Olimpiese Winterspele 1998 in Nagano Olimpiese Somerspele 2020 in Tokio
Verwysings
Bronne Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1964 – Band 1, deel 1 Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1964 – Band 1, deel 2 Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1964 – Band 2, deel 1 Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1964 – Band 2, deel 2
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Tokyo 1964 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1964 Olympics 1964 to 1980
Kategorie:Geskiedenis van Japan 1964 1964 Kategorie:Sport in 1964 Kategorie:Sport in Tokio