Die Olimpiese Somerspele 1948 (Engels: 1948 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XIVde Olimpiade, is tussen 29 Julie en 14 Augustus 1948 in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied. Londen is bo Baltimore, Lausanne, Los Angeles, Minneapolis en Philadelphia gekies. Na 'n onderbreking van 12 jaar deur die Tweede Wêreldoorlog was dit die eerste Spele sedert die Somerspele van 1936 in Berlyn asook die tweede Olimpiade na die Olimpiese Somerspele 1908 wat in die Britse hoofstad gehou is. Die Olimpiese Winterspele 1948 is in St. Moritz, Switserland, aangebied.

duimnael|links|Switserse roeiers het die Olimpiese vlag in 'n langboot vanuit Basel na Londen geneem Die Somerspele was baie eenvoudig en het later as die Austerity Games bekend gestaan vanweë die ekonomiese klimaat waarin die na-oorlogse Verenigde Koninkryk hom bevind het. Weens die Britse regering se strenge besparingsbeleid is geen nuwe fasiliteite vir die Spele beplan en opgerig nie en atlete in bestaande behuising gehuisves. Die Olimpiese dorp in Uxbridge het uit kasernes bestaan, die vervoer was ontoereikend en voedsel soos vleis, botter, melk en brood was steeds gerantsoeneer.

Daar is ook op die infrastruktuur bespaar en geen nuwe sportplekke is vir die Spele opgerig nie. Die Wembley-stadion, wat eintlik 'n sokkerstadion is, het vir die geleentheid 'n atletiekbaan bygekry. Die nabygeleë Empire Pool is vir beide die saalsporte sowel as die swemkompetisies gebruik. Die fietsry het by die opgeknapte Herne Hill plaasgevind en daar is op die Teemsrivier geroei.

'n Rekordgetal van 59 nasies het aan die Spele deelgeneem en is deur altesaam 4 104 atlete in 17 sportdissiplines verteenwoordig, van wie 3 714 manlik en 390 vroulik was. Weens hul dade tydens die Tweede Wêreldoorlog is Duitsland en Japan deelname aan die Spele geweier. Die Sowjetunie is uitgenooi maar het verkies om geen atlete na Londen te stuur nie.

Sporte 17 Olimpiese sportsoorte in 136 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 138 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

20px Lacrosse en Sweedse gimnastiek is as demonstrasiesporte aangebied.

Stadions Sportplekke wat tydens die Olimpiese Somerspele 1948 gebruik is:

Binne Londen duimnael|Die Olimpiese vlam tydens die openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1948 in die Wembley-stadion duimnael|Openingseremonie van die 1948 Londen-Spele in die Wembley-stadion duimnael|Die twee torings van Wembley-stadion, voorheen bekend as Empire-stadion, in 2002 duimnael|Empire Pool, nou bekend as Wembley Arena, in 2007 StadionSporteKapasiteit Arsenal-stadion Sokker 73 000 Champion Hill Sokker 3 000 Craven Cottage Sokker 25 700 Empire Pool Boks, Sierduik, Swem, Waterpolo 12 500 Empire-stadion Atletiek, Ruitersport (spanspring), Veldhokkie (medaljewedstryde), Sokker (medaljewedstryde) 82 000 Empress Hall, Earl's Court Boks, Gimnastiek, Gewigoptel, Stoei 19 000 Finchley Lido Waterpolo Nie gelys nie Green Pond Road-stadion Sokker 21 708 Griffin Park Sokker 12 763 Guinness Sports Club Veldhokkie Nie gelys nie Harringay Arena Basketbal, Stoei Nie gelys nie Herne Hill Velodrome Fietsry (baan) Nie gelys nie Lynn Road Sokker 3 500 Lyons' Sports Club Veldhokkie Nie gelys nie Polytechnic Sports Ground Veldhokkie Nie gelys nie Royal Military Academy Moderne vyfkamp (hardloop) Nie gelys nie Selhurst Park Sokker 26 309 Wembley Palace of Engineering Skermsport Nie gelys nie White Hart Lane Sokker 36 310

Buite Londen StadionLiggingSporteKapasiteit Aldershot Command Central Sports Ground Hampshire Ruitersport (dressuur, driegangkampioenskap, individuele spring), Moderne vyfkamp (perdry, skermsport, swem) Nie gelys nie Bisley National Rifle Association Ranges Bisley, Surrey Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet Nie gelys nie Fratton Park Portsmouth Sokker Nie gelys nie Goldstone Ground Brighton Sokker Nie gelys nie Henley Royal Regatta Henley-on-Thames Kanovaart, Roei Nie gelys nie Torbay Devon Seilvaart Nie gelys nie Tweseldown Racecourse Fleet, Hampshire Ruitersport (driegangkampioenskap) Nie gelys nie Windsor Great Park Windsor, Berkshire Fietsry (pad) Nie gelys nie

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Gerald Dreyer (liggewig) en George Hunter (ligswaargewig) wen goud, Dennis Shepherd (veergewig) silwer en John Arthur die bronsmedalje in boks.

Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1948:

Gasheerstad Londen Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) 300 38 27 19 84 2 (SWE) 181 16 11 17 44 3 (FRA) 316 10 6 13 29 4 (HUN) 129 10 5 12 27 5 (ITA) 213 8 11 8 27 6 (FIN) 129 8 7 5 20 7 (TUR) 58 6 4 2 12 8 (TCH) 87 6 2 3 11 9 (SUI) 181 5 10 5 20 10 (DEN) 162 5 7 8 20 12 (GBR) 398 3 14 6 23 18 (RSA) 35 2 1 1 4

Sien ook Olimpiese Somerspele 1908 in Londen Olimpiese Somerspele 1944 in Londen beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak Olimpiese Somerspele 2012 in Londen

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

London 1948 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1948 Olympics 1948 to 1960

Kategorie:Geskiedenis van Engeland 1948 1948 Kategorie:Sport in 1948 Kategorie:Sport in Londen