Die Olimpiese Somerspele 1928 (Nederlands: Olympische Zomerspelen 1928), amptelik bekend as die Spele van die IXde Olimpiade, is tussen 17 Mei en 12 Augustus 1928 in Amsterdam, Nederland, aangebied. Amsterdam het aanvanklik aansoek gedoen om die Spele in 1920 en 1924 te kon aanbied, maar moes eers die oorlogsslagoffer België (Antwerpen 1920) en IOK-baas De Coubertin se Frankryk 'n beurt gee. Voor die Spele van 1928 word Amsterdam verkies bo Los Angeles. Die Spele was vier jaar later (in 1932) aan Los Angeles toegeken. Dit was die eerste Spele wat nie meer onder die voorsitterskap van De Coubertin verloop het nie. In 1925 het hy die voorsitterskap oorgedra aan die Belgiese graaf Henri de Baillet-Latour.
Sporte duimnael|400px|Agt Nederlandse posseëls van 1928, wat verskillende sportsoorte van die Olimpiese Spele 1928 toon 14 Olimpiese sportsoorte in 109 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 110 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
Kaatsspel, 20px Korfbal en 20px Lacrosse is as demonstrasiesporte aangebied.
Stadions duimnael|Opening van die negende Olimpiese Somerspele deur Prins Hendrik duimnael|Die Amsterdamse Olimpiese Stadion tydens die openingseremonie 14 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1928 gebruik: StadionSporteKapasiteit Amersfoort Moderne vyfkamp (perdry) Nie gelys nie Amsterdam Fietsry (pad) Nie gelys nie Buiten Y Seilvaart 2 263 Hilversum Ruitersport (nie-spring), Moderne vyfkamp (hardloop) 4 763 Krachtsportgebouw Boks, Gewigoptel, Stoei 4 634 Monnikenhuize (Arnhem) Sokker 7 500 Oue Stadion Veldhokkie, Sokker 29 787 Olimpiese Sportpark Swemstadion Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo 6 000 Olimpiese Stadion Amsterdam Atletiek, Fietsry (baan), Ruitersport (spring), Sokker, Gimnastiek, Korfbal 33 025 Schermzaal Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) 559 Sloterringvaart, Sloten Roei 2 230 Sparta Stadion Het Kasteel (Rotterdam) Sokker 11 026 Zeeburg Moderne vyfkamp (skietsport) 10 455 Suidersee Seilvaart 2 263
Deelnemende nasies duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1928:
Gasheerstad Amsterdam Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrikaanse deelname
Harry Isaacs wen die bronsmedalje in boks in die Kapokgewig-afdeling en Suid-Afrika wen die bonsmedalje in die vroue 4 x 100 m vryslag aflos. Sid Atkinson wen goud in die 110 m hekkies wedloop.
Getal medaljes duimnael|Die Kanadese Percy Williams wen goud in die 100 en 200 meter-naelloop Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) 280 22 18 16 56 2 Duitsland (GER) 296 10 7 14 31 3 (FIN) 69 8 8 9 25 4 (SWE) 100 7 6 12 25 5 (ITA) 174 7 5 7 19 6 (SUI) 133 7 4 4 15 7 (FRA) 255 6 10 5 21 8 (NED) 264 6 9 4 19 9 (HUN) 109 4 5 0 9 10 (CAN) 69 4 4 7 15 23 (RSA) 24 1 0 2 3
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Amsterdam 1928 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1928 Olympics 1924 to 1940
Kategorie:Amsterdam 1928 1928 Kategorie:Sport in 1928