Hansestad Wismar 280px Kaart Wapen 170px|center 75px|center Vlag 70px|border|center Land 20px Duitsland Deelstaat 20px Mecklenburg-Voorpommere Koördinate Stigting 1226 Stadstatus (Lübeckse Reg) 1229/1266 Oppervlak: - Totaal 41,36 vk km Hoogte bo seevlak 13 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2011) 42 290 mvnet.de: Statistische Berichte - Bevölkerungsstand - Bevolkingsdigtheid 1 022/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 Burgemeesteres Thomas Beyer (SPD) Amptelike Webwerf www.wismar.de
Die Hansestad Wismar is aan die Oosseekus van die Noordoos-Duitse deelstaat Mecklenburg-Voorpommere en aan die suidelike ent van die Wismarbaai geleë. Die Wismarbaai word in die noorde deur die eiland Poel begrens.
Die wisselvallige geskiedenis van Wismar het reeds in die vroeë 13de eeu begin - die eerste verwysing na die stad dateer uit die jaar 1229. Tussen 1632 en 1803 het Wismar onder Sweedse heerskappy gestaan. Die stadsuitleg en perseelstruktuur het oor eeue heen onveranderd gebly, en die uitgebreide verwoestings van die Tweede Wêreldoorlog is intussen danksy talle rekonstruksies van geskiedkundige geboue grotendeels ongedaan gemaak. Wismar se historiese stadskern is saam met dié van Stralsund op 27 Junie 2002 deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike UNESCO bladsy
Kategorie:Nedersettings in Mecklenburg-Voorpommere Kategorie:Nedersettings langs die Oossee Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Duitsland