Die Olimpiese Somerspele 1936 (Duits: Olympische Sommerspiele 1936), amptelik bekend as die Spele van die XIde Olimpiade, is tussen 1 en 16 Augustus 1936 in Berlyn, Nazi-Duitsland, aangebied. In 1931 is Berlyn deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) bo Barcelona as gasheer vir die Spele verkies. Berlyn het 43 teenoor Barcelona se 16 stemme gekry. In 1936 het die destydse Nazi-Duitsland ook die Olimpiese Winterspele aangebied, in Garmisch-Partenkirchen in die Alpe. Dit was die laaste Olimpiese Somerspele voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog drie jaar later, wat met die Duitse Inval van Pole begin het.
duimnael|links|Die Olimpiese Stadion in Berlyn tydens die Olimpiese Somerspele 1936 duimnael|links|Jesse Owens tydens die mans se verspring Toe Adolf Hitler in Januarie 1933 aan bewind kom as kanselier, klink daar stemme op om die Spele na 'n ander land te verskuif. In die Verenigde State was daar selfs 'n veldtog om die Spele te boikot. Avery Brundage, die voorsitter van die Amerikaanse Olimpiese Komitee, spreek hom teen 'n verskuiwing van die Spele uit, en hy kry ook steun van De Coubertin. Net die Sowjetunie het hierdie spele geboikot. Spanje bly weg omdat dit deur 'n burgeroorlog verskeur is.
Hoewel die Spele dus aan Berlyn toegeken is voordat die Nazi's in Duitsland aan bewind gekom het, sien die owerheid die Spele as 'n geleentheid om sy fascistiese ideologie uit te dra. Leni Riefenstahl was aangestel om 'n film oor die Spele te maak. Die film Olympia kan as propaganda bestempel word, maar gebruik 'n getal ongewone tegnieke wat destyds nog nie in sportfilms aangewend is nie. Dit was ook die eerste Olimpiese Spele wat op televisie gebeeldsend is en radio-uitsendings het 41 lande bereik.
Om soveel moontlik oorwinnings te verseker, stel die Duitse owerheid anaboliese steroïde en testosteroon aan hulle atlete beskikbaar. Duitsland oorheers die Spele en het heelwat meer medaljes as enige ander land ingepalm. In 'n weerlegging van die rassistiese Nazi-filosofie, verower die Afro-Amerikaner Jesse Owens egter vier goue medaljes. Owens was gewild onder die toeskouers en Duitse publiek en is meer entoesiasties as in sy tuisland ontvang. Hitler besluit egter om geen medaljes persoonlik toe te ken nie, moontlik omdat die Afro-Amerikaner Cornelius Johnson op die eerste dag van die Spele 'n goue medalje verower het.
Die superioriteit van die Reich kom ook tot uiting in die oorweldigende infrastruktuur wat vir die Spele opgerig is: 'n splinternuwe stadion is gebou ten weste van die Charlottenburg-kasteel met sitplek vir honderdduisend toeskouers. Langsaan is die swembad met sitplek vir twintigduisend toeskouers opgerig.
Hitler pas die Olimpiese handves tot die letter toe en beloof om nie 'n enkele toespraak tydens die Spele te hou nie. Verder pas hy ook geen rassediskriminasie tydens die Spele toe nie. Getuie hiervan was die opname van die Joodse skermster Helena Mayer in die Duitse span. Maar buite die stadion draai die Duitse propagandamasjien volspoed voort: die swastika was oral teenwoordig en daar het meer Nazi- as Olimpiese vlae gewapper. As deel van die Nazi-propaganda is tydens die Olimpiese Somerspele 1936 vir die eerste keer 'n fakkelloop vir die Olimpiese vlam tussen Olimpia in Griekeland en Berlyn aangebied.
Toewysing duimnael|links|upright|Joseph Goebbels, president van die Nazi-Duitse reëlingskomitee duimnael|Fakkelloop van die Olimpiese Somerspele in 1936 duimnael|Die Olimpiese vuur in Berlyn, tussen die Berlynse Domkerk (links) en die Berlynse kasteel (regterkant) Berlyn is deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1936. Ander kandidate was: Barcelona, Alexandrië, Boedapest, Buenos Aires, Keulen, Dublin, Frankfurt am Main, Helsinki, Lausanne, Neurenberg, Rio de Janeiro en Rome.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1936 Stad Land Rondte 1 Berlyn Duitsland 43 Barcelona 16 Alexandrië – Boedapest – Buenos Aires – Keulen Duitsland – Dublin – Frankfurt am Main Duitsland – Helsinki – Lausanne – Neurenberg Duitsland – Rio de Janeiro – Rome –
Sporte 19 Olimpiese sportsoorte in 129 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 130 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
20px Bofbal en 20px sweefvlug is as demonstrasiesporte aangebied.
Stadions duimnael|Kaart van die sportplekke in Berlyn duimnael|Die Olimpiese Stadion in Berlyn tydens die Olimpiese Somerspele 1936 duimnael|Henri de Baillet-Latour (IOK-president), Adolf Hitler en Theodor Lewald (President van die reëlingskomitee) tydens die openingseremonie 22 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1936 gebruik: StadionSporteKapasiteit Avus Motorpad Atletiek (maraton, 50 km-loop), Fietsry (pad) Nie gelys nie BSV-veld Fietsry (baan), Handbal 1 000 Dietrich Eckart Opelugteater Gimnastiek 20 000 Döberitz Ruitersport (dressuur), Moderne vyfkamp (perdry) Nie gelys nie Deutschlandhalle Boks, Gewigoptel, Stoei 8 630 Berlin-Grünau Regattakursus Kanovaart, Roei 19 000 Haus des Deutschen Sports Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) 1 200 Hertha-BSC-veld Sokker 35 239 Hokkiestadion Veldhokkie 18 000 Hokkiestadion #2 Veldhokkie 1 600 Baai van Kiel Seilvaart Nie gelys nie Meiveld Ruitersport (dressuur), Polo 75 000 Mommsenstadion Sokker 15 005 Olimpiese Stadion Berlyn Atletiek, Ruitersport (spring), Sokker (eindstryd), Handbal (eindstryd) 100 000 Olimpiese Spemstadion Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo 20 000 Polisiestadion Handbal Nie gelys nie Poststadion Sokker 45 000 Ruhleben Moderne vyfkamp (skietsport) Nie gelys nie Tennisbane Basketbal, Skermsport (swaard) 832 Tennisstadion Basketbal Nie gelys nie Wannsee Gholfbaan Moderne vyfkamp Nie gelys nie Wannsee Skietbaan Skyfskiet Nie gelys nie
Deelnemende nasies duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1936:
Gasheerstad Berlyn duimnael|400px|Kaart van die Olimpiese boikot van 1936 Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrikaanse deelname
Charles Catterall wen die silwermedalje in boks in die veergewigafdeling.
Aantal medaljes duimnael|Voorkant van die Olimpiese Somerspele 1936 se goue medalje duimnael|Agterkant van die Olimpiese Somerspele 1936 se goue medalje Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (GER) 348 33 26 30 89 2 (USA) 310 24 20 12 56 3 (HUN) 209 10 1 5 16 4 (ITA) 182 8 9 5 22 5 (FIN) 107 7 6 6 19 (FRA) 201 7 6 6 19 7 (SWE) 150 6 5 9 20 8 (JPN) 153 6 4 8 18 9 (NED) 128 6 4 7 17 10 (GBR) 207 4 7 3 14 25 (RSA) 25 0 1 0 1
Sien ook Olimpiese Somerspele 1916 in Berlyn beplan, maar weens die Eerste Wêreldoorlog gestaak Olimpiese Winterspele 1936 in Garmisch-Partenkirchen Olimpiese Somerspele 1972 in München
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Berlin 1936 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Uitslae en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1936 Olympics 1924 to 1940
Kategorie:Sport in Berlyn Kategorie:Sport in 1936 Kategorie:Nazi-Duitsland 1936 1936