Die Olimpiese Somerspele 1932 (Engels: 1932 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die Xde Olimpiade, is tussen 30 Julie en 14 Augustus 1932 in Los Angeles, Verenigde State, aangebied. Daar was geen andere stede wat hulself as kandidate beskikbaar gestel het nie. Aangesien die Spele van 1932 plaasvind tydens 'n groot ekonomiese krisis, die Groot Depressie, was daar heelwat minder deelnemers as op die vorige spele in Amsterdam. Die lang reis wat die atlete moes meemaak om tot in Los Angeles te kom het ook 'n rol in die lae deelnemerstal gespeel. In 1932 het die Verenigde State ook die Olimpiese Winterspele aangebied, in Lake Placid in die Adirondack-gebergte.
Sporte 14 Olimpiese sportsoorte in 117 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 116 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
20px Amerikaanse voetbal en 20px Lacrosse is as demonstrasiesporte aangebied.
Stadions duimnael|Die Rose Bowl het die spoedfietsgebeurtenisse tydens die Olimpiese Somerspele 1932 gehuisves duimnael|Die Australiese span in die Olimpiese stadion van Los Angeles 15 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1932 gebruik: StadionSporteKapasiteit 160th Regiment State Armory Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) 1 800 Los Angeles Harbor Seilvaart Nie gelys nie Los Angeles Police Pistol Range Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet Nie gelys nie Long Beach Marine Stadium Roei 17 000 Los Angeles Avenue Fietsry (pad) Nie gelys nie Olympic Auditorium Boks, Gewigoptel, Stoei 10 000 Los Angeles Memorial Coliseum Atletiek, Ruitersport (dressuur, spring), Veldhokkie, Gimnastiek 105 000 Pacific Coast Highway Fietsry (pad) Nie gelys nie Riverside Drive at Griffith Park Atletiek (50 km-loop) Nie gelys nie Riviera Country Club Ruitersport (dressuur, driefasekompetisie), Moderne vyfkamp (perdry) 9 500 Rose Bowl in Pasadena Fietsry (baan) 85 000 Sunset Fields Golf Club Moderne vyfkamp (hardloop) Nie gelys nie Swemstadion Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo 10 000 Vineyard Avenue Fietsry (pad) Nie gelys nie Westchester Ruitersport (dressuur) Nie gelys nie
duimnael|senter|800px|Die Olimpiese Stadion (Los Angeles Memorial Coliseum) in Los Angeles tydens die openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1932
Deelnemende nasies duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1932:
Gasheerstad Los Angeles Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrikaanse deelname
duimnael|upright|Suid-Afrika se Marjorie Clark wen brons in die 80 m hekkies wedloop Lawrence Stevens (liggewig) en David Carstens (Ligswaargewig) wen goue medaljes en Ernest Peirce (Middelgewig) wen die bronsmedalje in boks.
Jenny Maakal wen brons in die 400 m vryslag en Marjorie Clark wen die bronsmedalje in die 80 m hekkies wedloop.
Getal medaljes duimnael|upright|Die Japannese Takeichi Nishi met sy Olimpiese perd Uranus tydens die Olimpiese Somerspele 1932 Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) 474 41 32 30 103 2 (ITA) 112 12 12 12 36 3 (FRA) 103 10 5 4 19 4 (SWE) 81 9 5 9 23 5 (JPN) 157 7 7 4 18 6 (HUN) 58 6 4 5 15 7 (FIN) 40 5 8 12 25 8 (GBR) 108 4 7 5 16 9 Duitsland (GER) 134 3 12 5 20 10 (AUS) 12 3 1 1 5 15 (RSA) 12 2 0 3 5
Sien ook Olimpiese Somerspele 1904 in St. Louis Olimpiese Winterspele 1932 in Lake Placid Olimpiese Winterspele 1960 in Squaw Valley Olimpiese Winterspele 1980 in Lake Placid Olimpiese Somerspele 1984 in Los Angeles Olimpiese Somerspele 1996 in Atlanta Olimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake City Olimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Los Angeles 1932 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1932 Olympics 1924 to 1940
Kategorie:Sport in Los Angeles 1932 1932 Kategorie:Sport in 1932