Die Olimpiese Somerspele 1952 (Fins: Kesäolympialaiset 1952, Sweeds: Olympiska sommarspelen 1952), amptelik bekend as die Spele van die XVde Olimpiade, is tussen 19 Julie en 3 Augustus 1952 in Helsinki, Finland, aangebied. Helsinki is gekies bo Amsterdam en vyf Amerikaanse stede op 21 Junie 1947 op die veertigste IOK-kongres. Die Olimpiese Somerspele van 1952 was ook aan Helsinki toegeken, maar hulle kon toe vanweë die Tweede Wêreldoorlog nie daarmee voortgaan nie. Die Olimpiese Winterspele 1952 is in Oslo, Noorweë, aangebied.
Toewysing duimnael|links|upright|Erik von Frenckell, president van die Finse reëlingskomitee Helsinki is op 21 Junie 1947 in Stockholm deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1952. Ander kandidate was: Minneapolis, Los Angeles, Amsterdam, Detroit, Chicago en Philadelphia.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1952 Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Helsinki 14 15 Minneapolis 4 5 Los Angeles 4 5 Amsterdam 3 3 Detroit 2 — Chicago 1 — Philadelphia 0 —
Sporte 17 Olimpiese sportsoorte in 149 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 149 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
Finse bofbal (Pesäpallo) en 20px handbal is as demonstrasiesporte aangebied.
Stadions duimnael|Die Olimpiese Stadion in Helsinki, 1930's duimnael|Die Finse atleet Paavo Nurmi steek die Olimpiese vlam in Helsinki aan duimnael|Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1952 24 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1952 gebruik: StadionSporteKapasiteit Arto Tolsa Areena (Kotka) Sokker 11 400 Hämeenlinna Moderne vyfkamp 2 983 Harmaja Seilvaart Nie gelys nie Helsinki Sokkergronde Sokker 18 050 Huopalahti Skyfskiet (haelgeweer) 2 000 Käpylä Fietsry (pad) 4 050 Laakso Ruitersport (driegangkampioenskap) 4 854 Lahden kisapuisto Sokker 8 067 Liuskasaari Seilvaart 19 000 Malmi Skietbaan Skyfskiet (pistool/geweer) 2 000 Maunula Fietsry (pad) 21 708 Meilahti Roei 3 554 Messuhalli Basketbal (eindstryd), Boks, Gimnastiek, Gewigoptel, Stoei 5 500 Olimpiese Stadion Helsinki Atletiek, Ruitersport (spring), Sokker (eindstryd) 70 470 Pakila Fietsry (baan) Nie gelys nie Ruskeasuo Ruitersportsaal Ruitersport (dressuur, driegangkampioenskap) 3 780 Swemstadion Sierduik, Swem, Waterpolo 11 345 Taivallahti Kanovaart Nie gelys nie Tali Renbaan Ruitersport (hindernis) 20 000 Tampere Sokker 20 700 Tennispaleis Basketbal 1 518 Veritasstadion (Turku) Sokker 14 224 Velodrome Fietsry (baan), Veldhokkie 7 235 Westend Tennissaal Skermsport 951
Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrikaanse deelname
duimnael|Suid-Afrika se Esther Brand tydens die Olimpiese Somerspele van 1952 Suid-Afrika wen tien medaljes.
Boks Theunis van Schalkwyk (ligmiddelgewig) wen silwer, Andries Nieman (swaargewig), William Michael Towell (vlieggewig) en Leonard Leisching (veergewig) die bronsmedaljes.
Fietsry Die Suid-Afrikaanse mansspan wen die silwermedalje in die 2000 m (tandem) en 4000 m en Raymond Robinson wen die bronsmedalje in die 1 km tydtoets.
Swem Joan Harrison wen die goudmedalje in die 100 m rugslag.
Atletiek Esther Cornelia Brand wen goud in hoogspring en Daphne Hasenjäger die silwermedalje in die 100 m wedloop.
Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1952:
Gasheerstad Helsinki Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) 286 40 19 17 76 2 (URS) 295 22 30 19 71 3 (HON) 189 16 10 16 42 4 (SWE) 206 12 13 10 35 5 (ITA) 231 8 9 4 21 6 (TCH) 99 7 3 3 13 7 (FRA) 245 6 6 6 18 8 (FIN) 258 6 3 13 22 9 (AUS) 87 6 2 3 11 10 (NOR) 102 3 2 0 5 12 (RSA) 64 2 4 4 10
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Helsinki 1952 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1952 Olympics 1948 to 1960
Kategorie:Geskiedenis van Finland Kategorie:Helsinki 1952 1952 Kategorie:Sport in 1952