Die Olimpiese Somerspele 1956 (Engels: 1956 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XVIde Olimpiade, is tussen 22 November en 8 Desember 1956 in Melbourne, Australië, aangebied. Melbourne is verkies bo Buenos Aires, Meksikostad en ses Amerikaanse stede op 28 April 1949 op die 43ste IOK-kongres. Vanweë die Australiese kwarantynreëls kon die ruitersport-wedstryde nie daar plaasvind nie. Hierdie is daarom in Stockholm, Swede, gehou. Daarmee is dit die eerste en tot dusver enigste Spele waarby wedstryde in verskillende lande plaasgevind het. Dit is die eerste Olimpiese Somerspele wat in die Suidelike Halfrond, Oseanië asook buite Europa en Noord-Amerika gehou is. Daarbenewens is Melbourne die mees suidelike stad waar Olimpiese Spele gehou is. Die Olimpiese Winterspele 1956 is in Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied.
Die Olimpiese Somerspele 1956 is deur ag lande geboikot. Egipte, Irak en Libanon het hierdie spele weens die Suezkrisis geboikot, as gevolg van die inval van Israel, Frankryk en die Verenigde Koninkryk in Egipte, nadat dié land die Suezkanaal genasionaliseer het. Terselfdertyd het die Sowjetunie die Hongaarse Rewolusie onderdruk en die Sowjetunie se deelname het tot die boikot deur Nederland, Kambodja, Spanje en Switserland gelei. Die Volksrepubliek China het net twee weke voor die spele se begin hul boikot aangekondig weens die toelating van die Republiek China op Taiwan.
Toewysing duimnael|links|upright|Wilfrid Kent Hughes, president van die Australiese reëlingskomitee duimnael|upright|Fakkel van die Olimpiese Somerspele 1956 in Melbourne Melbourne is op 28 April 1949 in Rome deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1956. Ander kandidate was: Buenos Aires, Los Angeles, Detroit, Meksikostad, Chicago, Minneapolis, Philadelphia, San Francisco en Montreal.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1956 Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 4 Melbourne 14 18 19 21 Buenos Aires 9 12 13 20 Los Angeles 5 4 5 — Detroit 2 4 4 — Meksikostad 9 3 — — Chicago 1 — — — Minneapolis 1 — — — Philadelphia 1 — — — San Francisco 0 — — — Montreal 0 — — —
Sporte 17 Olimpiese sportsoorte in 151 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 153 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
Australiese voetbal en 20px Bofbal is as demonstrasiesporte aangebied.
Stadions 24 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1956 gebruik:
Melbourne duimnael|Melbourne-krieketveld, Olimpiese Stadion vir die Olimpiese Somerspele van 1956, in 2010 duimnael|By die Royal Exhibition Building in Melbourne is die Basketbal-eindstryd, skermsport van die Moderne vyfkamp, gewigoptel en stoeiwedstryde beslis StadionSporteKapasiteit Broadmeadows Fietsry (pad) Nie gelys nie Wendoureemeer, Ballarat Kanovaart, Roei 14 300 Hokkieveld Veldhokkie 21 048 Melbourne-krieketveld Atletiek, Veldhokkie (eindstryd), Sokker (eindstryd) 104 000 Oaklands Jagklub Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) 25 700 Olimpiese Parkstadion Sokker 40 000 Port Phillip Seilvaart Nie gelys nie Koninklike Australiese Lugmag, Laverton Lugmagbasis Skyfskiet (haelgeweer) Nie gelys nie Royal Exhibition Building Basketbal (eindstryd), Moderne vyfkamp (skermsport), Gewigoptel, Stoei 3 500 St Kilda Stadsaal Skermsport Nie gelys nie Swem/Sierduikstadion Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo 6 000 Velodrome Fietsry (baan) 7 900 Wes-Melbourne-stadion Basketbal, Boks, Gimnastiek 7 000 Williamstown Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet (pistool, geweer) Nie gelys nie
Stockholm StadionSporteKapasiteit Lill-Jansskogen Ruitersport (driegangkampioenskap) Nie gelys nie Olimpiese Stadion Stockholm Ruitersport (dressuur, driegangkampioenskap, spring) 21 000 Ulriksdal Ruitersport (driegangkampioenskap) Nie gelys nie
Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Vyf lande het aan die ruitersport-wedstryde in Stockholm deelgeneem, maar nie aan die Olimpiese Somerspele in Melbourne nie: (3) (2) (1) (6) (9)
Suid-Afrikaanse deelname
Boks Daniel Wepener Bekker (swaargewig) en Henry Loubscher (ligweltergewig) wen bronsmedaljes.
Fietsry Alfred Swift wen brons in die 1 km tydtoets op die baan.
Swem Die Suid-Afrikaanse vrouespan wen die bronsmedalje in die 4x100 m vryslag aflos.
Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1956:
Gasheerstad Melbourne
Ruitersport-wedstryde in Stockholm duimnael|400px|Kaart van die Olimpiese boikot van 1956 Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (URS) 272 37 29 32 98 2 (USA) 297 32 25 17 74 3 (AUS) 294 13 8 14 35 4 (HUN) 108 9 10 7 26 5 (ITA) 129 8 8 9 25 6 (SWE) 88 8 5 6 19 7 (GER) 158 6 13 7 26 8 (GBR) 189 6 7 11 24 9 (ROU) 44 5 3 5 13 10 (JPN) 110 4 10 5 19 33 (RSA) 50 0 0 4 4
Sien ook Olimpiese Somerspele 2000 in Sydney Olimpiese Somerspele 2032 in Brisbane
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Melbourne Stockholm 1956 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1956 Olympics 1948 to 1960
Kategorie:Sport in Melbourne Kategorie:Stockholm Kategorie:Geskiedenis van Australië Kategorie:Geskiedenis van Swede 1956 1956 1956 Kategorie:Sport in 1956