Die Olimpiese Somerspele 1920 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1920), amptelik bekend as die Spele van die VIIde Olimpiade, het van 20 April tot 12 September 1920 in Antwerpen, België, plaasgevind. Die Spele is aan België toegeken om te vergoed vir die erge lyding wat die Belgiese volk tydens die Eerste Wêreldoorlog verduur het. Atlanta, Amsterdam, Boedapest, Cleveland, Havana, Lyon en Philadelphia het ook gevra om die Spele aan te bied. Lyon trek egter hulle nominasie terug voor die stemmery. Atlete vanuit 29 lande het aan die Spele deelgeneem. Duitsland, Oostenryk, Hongarye, Bulgarye en Turkye is nie genooi nie. Rusland bly weg omdat dit deur 'n burgeroorlog verskeur is.
duimnael|links|Die Olimpiese Stadion in Antwerpen tydens die Olimpiese Somerspele 1920 Die Spele was nie 'n reuse sukses nie. Die hoë toegangsgelde het die publiek afgeskrik. 'n Toegangskaartjie het byvoorbeeld 3 frank gekos, 'n baie hoë prys vir daardie tyd. Dit was nie net die hoë pryse nie, maar slegte weer hou ook die toeskouers weg. Die organiseerkomitee aanvaar skuld hiervoor, maar weier enige verdere uitgawes, selfs die publikasie van 'n gedenkboek van die Spele.
Sporte Daar is in 22 Olimpiese sportsoorte in 156 dissiplines tydens die Spele meegeding. Tydens die Spele is 156 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in een demonstrasiesport beslis.
20px Korfbal is as demonstrasiesport aangebied.
Stadions duimnael|Lugbeeld van die Olimpiese Stadion in Antwerpen tydens die Olimpiese Somerspele 1920 duimnael|Die Palais de Glace d'Anvers is vir kunsskaats en yshokkie opgerig 17 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1920 gebruik: StadionSporteKapasiteit Antwerpen Fietsry (pad) Nie gelys nie Antwerpen-dieretuin Boks, Stoei Nie gelys nie Beerschot Tennisklub Tennis Nie gelys nie Kamp van Beverlo Skyfskiet (pistool/geweer) Nie gelys nie Meerkanaal Brussel–Schelde Roei Nie gelys nie Buiten Y (Amsterdam) Seilvaart (12 vt-sloep) Nie gelys nie Tuine van die Egmontpaleis (Brussel) Skermsport Nie gelys nie Hoogboom Militêre Kamp Skietsport (lokvalskiet, hardloopteiken) Nie gelys nie Jules Ottenstadion (Gent) Sokker (Italië–Egipte-wedstryd) Nie gelys nie Nachtegalenpark Boogskiet Nie gelys nie Olimpiese Stadion Antwerpen Atletiek, Ruitersport, Veldhokkie, Sokker (eindstryd), Gimnastiek, Moderne vyfkamp, Rugby, Toutrek, Stoei 30 000 Oostende Polo, Seilvaart Nie gelys nie Palais de Glace d'Anvers Kunsskaats, Yshokkie Nie gelys nie Joseph Marienstadion (Brussel) Sokker Nie gelys nie Seevaartstadion Antwerpen Sierduik, Swem, Waterpolo Nie gelys nie Broodstraat-stadion Sokker Nie gelys nie Vélodrome d'Anvers Zuremborg Fietsry (baan) Nie gelys nie
Deelnemende lande duimnael|400px|Kaart van deelnemende lande in 1920:
Gasheerstad Antwerpen Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Die aantal atlete per land word in hakies aangedui:
het een atleet, Eric Robertson, gestuur, maar omdat die dominium geen amptelike Olimpiese komitee gehad het nie, kon sy nasionaliteit nie bevestig word nie, en het hy die Verenigde Koninkryk verteenwoordig.
Suid-Afrikaanse deelname
duimnael|240px|Die Suid-Afrikaner Bevil Rudd tydens die Olimpiese Somerspele 1920 Clarence Walker wen die goue medalje in boks in die kapokgewigafdeling. Henry Kaltenbrunn wen silwer in die fietsrypadtydtoets terwyl Suid-Afrika silwer in die tandem-2000 m wen en brons in die 4000 m spankompetisie.
Suid-Afrika wen ook silwer in die 600 m skietkompetisie terwyl Louis Raymond en Charles Winslow goud en brons onderskeidelik in die tennisenkelspel wen.
In atletiek wen Bevil Rudd goud en brons in die 400 m en 800 m en Suid-Afrika wen silwer in die 400 m mansaflos.
Aantal medaljes duimnael|Een van die 154 (identiese) goue medaljes wat by die Spele van die VII Olimpiade toegeken is Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) 288 41 27 27 95 2 (SWE) 260 19 20 25 64 3 (GBR) 235 15 15 13 43 4 (FIN) 63 15 10 9 34 5 (BEL) 336 14 11 11 36 6 (NOR) 194 13 9 9 31 7 (ITA) 174 13 5 5 23 8 (FRA) 304 9 19 13 41 9 (NED) 113 4 2 5 11 10 (DEN) 154 3 9 1 13 11 (RSA) 39 3 4 3 10
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Antwerp 1920 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1920 Olympics 1900 to 1920
Kategorie:Antwerpen 1920 1920