Die Olimpiese Somerspele 1916 (Duits: Olympische Sommerspiele 1916), amptelik bekend as die Spele van die VIde Olimpiade, sou in 1916 in Berlyn, Duitsland, gehou word. Na die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 gaan die voorbereidings normaal voort, aangesien hulle nie verwag het dat die oorlog so lank sou duur nie. Uiteindelik word die Spele tog afgelas. Berlyn het 20 jaar later die Olimpiese Somerspele 1936 aangebied, die laaste spele voor uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog.
duimnael|links|Atleteoptog tydens die opening van die Duitse Stadion op 8 Junie 1913 Berlyn is op 4 Julie 1912 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in Stockholm as gashouer benoem. Bill Mallon and Jeroen Heijmans, Historical Dictionary of the Olympic Movement (Scarecrow Press, 2011) xiv Ander kandidaatstede was Alexandrië, Amsterdam, Boedapest, Brussel en Cleveland.
Vir die Olimpiese Spele is die Duitse Stadion in Grunewald, destyds in die selfstandige stad Charlottenburg, opgerig. Die bouwerk het op 10 Augustus 1912 begin en op 8 Junie 1913 is die stadion ingewy. Dit is in 1934 afgebreek en deur die Olimpiese Stadion vir die Olimpiese Somerspele 1936 vervang.
Daar was ook planne vir 'n wintersportweek in Februarie met sportsoorte soos ski, sierskaats en yshokkie in die Swartwoud. Dit sou die voorloper van die Olimpiese Winterspele gewees het, wat vir die eerste keer in 1924 in Chamonix-Mont-Blanc, Frankryk, aangebied is.
Sien ook Olimpiese Somerspele 1936 in Berlyn Olimpiese Somerspele 1972 in München
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Kategorie:Sport in Berlyn 1916 1916