Die Olimpiese Somerspele 1912 (Sweeds: Olympiska sommarspelen 1912), amptelik bekend as die Spele van die Vde Olimpiade, is tussen 5 Mei en 27 Julie 1908 in Stockholm, Swede, aangebied. Stockholm was die enigste kandidaatstad en is in 1909 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) as gashouer benoem.
duimnael|links|Die Olimpiese Stadion in Stockholm, wat ter geleentheid van die Olimpiese Somerspele 1912 opgerig is Hierdie spele was 'n toonbeeld van effektiwiteit, vir die eerste keer word van 'n omroepstelsel en elektroniese tydmeting gebruik gemaak. Vir die Spele bou die organisasiekomitee die bekende rooi baksteen-stadion met sy middeleeuse aansig, wat twee-en-dertigduisend toeskouers kon akkommodeer. Die swemitems vind in die soutwater swembad van Djurgårdsbrunnsviken, in die stadsentrum van Stockholm plaas. Dit was die laaste Olimpiese Somerspele voor die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog twee jaar later.
Sporte 14 Olimpiese sportsoorte in 102 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 103 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
20px Bofbal en glima is as demonstrasiesporte aangebied.
Stadions duimnael|Openingseremonie van die 1912 Stockholm-Spele duimnael|Die Sweedse span tydens die openingsplegtigheid Twaalf sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1912 gebruik: StadionSporteKapasiteit Barkarby Moderne vyfkamp (perdry) Nie gelys nie Djurgårdsbrunnsviken Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Roei, Swem, Waterpolo Nie gelys nie Fältrittklubben Ruitersport (uithouvermoë) Nie gelys nie Kaknäs Moderne vyfkamp (skiet) Nie gelys nie Liljeholmen Fietsry, Ruitersport Nie gelys nie Lindarängen Ruitersport (Veelsydigheidshindernisloop) Nie gelys nie Mälaren Fietsry Nie gelys nie Nynäshamn Seilvaart Nie gelys nie Östermalm Atletiekgrond Ruitersport, Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport), Tennis Nie gelys nie Råsunda-stadion Sokker, Skyfskiet Nie gelys nie Olimpiese Stadion Stockholm Atletiek, Ruitersport, Sokker, Gimnastiek, Moderne vyfkamp (hardloop), Toutrek, Stoei 33 000 Tranebergs Idrottsplats Sokker Nie gelys nie
Deelnemende nasies duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1912:
Gasheerstad Stockholm Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrikaanse deelname
duimnael|Suid-Afrika se Rudolph Lewis tydens die Olimpiese Somerspele 1912 Suid-Afrika neem aan hierdie Spele deel en behaal 'n algehele sewende plek met vier goue en twee silwermedaljes. Rudolph Lewis wen onder andere 'n goue medalje in fietsry en word so die eerste Suid-Afrikaner om 'n goue medalje in die sport te wen. Die man wat alleen gery het. Beeld. 7 Julie 2012. Kenneth McArthur wen die goue medalje in maraton en sy landgenoot Christopher Gitsham wen die silwermedalje.
Suid-Afrika wen die goue medalje in tennisdubbelspel en Charles Lyndhurst Winslow wen goud in die enkelspel terwyl Harry Austin Kitson 'n silwermedalje losslaan.SA se geskiedenis by die Olimpiese Spele, Rapport, 1 Julie 2012
Getal medaljes duimnael|Fanny Durack en Mina Wylie, die goue en silwermedaljes in die eerste vroue se individuele swem-geleentheid Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) 174 25 19 19 63 2 (SWE) 444 24 24 17 65 3 (GBR) 279 10 15 16 41 4 Finland (FIN) 164 9 8 9 26 5 (FRA) 112 7 4 3 14 6 (GER) 187 5 13 7 25 7 (RSA) 21 4 2 0 6 8 (NOR) 191 4 1 4 9 9 (CAN) 36 3 2 3 8 (HUN) 119 3 2 3 8
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Stockholm 1912 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1912 Olympics 1900 to 1920
Kategorie:Geskiedenis van Swede 1912 1912 Kategorie:Stockholm