Ventspils 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|raam|senter Vlag 90px|senter|raam Land Gewes 20px Koerland (Kurzeme) Koördinate Stigting (eerste verwysing) 1314 Stadstatus 1378 Oppervlakte: - Totaal 57,96 vk km Hoogte bo seevlak 10 m Bevolking: - Totaal (2024) 32 634 - Bevolkingsdigtheid 560/vk km Tydsone UTC +2 (OET) - Somertyd UTC +3 (OEST) Klimaat - Tipe Kontinentaal-gematig - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 7,8 °C - Gem. temp. Januarie/Julie −0,5 / 17,8 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 692,9 mm Burgemeester Jānis Vītoliņš Amptelike webwerf www.ventspils.lv
Ventspils (Lets: [ˈvæntspils], , letterlik "Burg aan die Venta-rivier"; Lyfs: Vǟnta, Duits: Windau) is die sesde grootste stad van Letland na die hoofstad Riga, Daugavpils, Liepaja, Jelgava en Jūrmala met 'n oppervlakte van 57,96 vierkante kilometer en 'n bevolking van 32 634 in 2024. Dit is in die weste van Letland langs die Oossee geleë. Die Ventarivier mond hier in die Oossee uit.
Ventspils is vandag veral 'n moderne nywerheidsentrum met een van Letland se beduidendste seehawens wat onder meer Russiese ruolie en kalisout hanteer. Nogtans maak die gerestoureerde historiese stadskern en sy skoon strande van Ventspils ook 'n toeristebestemming.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Letland Kategorie:Nedersettings langs die Oossee