Die Olimpiese Somerspele 1900 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1900), amptelik bekend as die Spele van die IIde Olimpiade, is in 1900 in Parys, Frankryk, as deel van die Wêreldtentoonstelling gehou. Ondanks Griekse pogings om die Spele permanent in Griekeland te laat plaasvind, besluit die Internasionale Olimpiese Komitee om die Spele elke keer na 'n ander land te skuif. Vroue het vir die eerste keer aan kompetisies tydens die Olimpiese Spele deelgeneem.

duimnael|links|Opening van die wêreldtentoonstelling op 14 April 1900 in Parys In teenstelling met die Olimpiese Somerspele 1896 was hierdie spele nie 'n groot sukses nie. Die sportplekke was oor die hele Paryse stadsgebied versprei en wedstryde is tydens die hele Wêreldtentoonstelling aangebied met lang onderbrekings daartussen. Die Olimpiese Somerspele is nie as sulks benoem nie en amptelik Concours Internationaux d’Exercices Physiques et de Sports ("Internasionale kompetisies vir Liggaamlike Opvoeding en Sport") genoem. Sommige atlete het eers jare later of nooit besef nie, dat hulle aan 'n Olimpiese Spele deelgeneem het.

Sporte 19 Olimpiese sportsoorte in 95 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 122 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Hengel, warmlugballonvaart, bocce, kanonskietery, brandbestryding, vlerksweef, 20px jeu de paume, lewensredding, Longue paume, Motorsport, duifwedvlugte en bootwedrenne is as demonstrasiesporte aangebied.

Stadions duimnael|Vélodrome de Vincennes in Parys duimnael|'n Gemengde Sweeds/Deense span klop Frankryk vir goud in toutrek Sewe sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1900 gebruik: StadionSporteKapasiteit 7de arrondissement van Parys Ruitersport Nie gelys nie Bois de Boulogne Kroket, Polo, Toutrek Nie gelys nie Bois de Vincennes Boogskiet Nie gelys nie Boulogne-Billancourt Skyfskiet Nie gelys nie Compiègne Gholf Nie gelys nie Croix-Catelan-stadion Atletiek Nie gelys nie Le Havre Seilvaart Nie gelys nie Meulan-en-Yvelines Seilvaart Nie gelys nie Neuilly-sur-Seine Baskiese pelote Nie gelys nie Puteaux Tennis Nie gelys nie Satory Skyfskiet Nie gelys nie Seine Roei, Swem en Waterpolo Nie gelys nie Tuileries Garden Vegkuns Nie gelys nie Vélodrome de Vincennes Krieket, Fietsry, Sokker, Gimnastiek en Rugby Nie gelys nie

Deelnemende nasies duimnael|400px|Kaart van deelnemende lande in 1900:

Gasheerstad Parys Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Daarbenewens vermeld sommige bronne deelnemende atlete van die volgende nasies: (3) (1) (1)

Getal medaljes duimnael|Gedenkplaat van die Wêreldtentoonstelling vir sommige sportwedstryde Hier is die top tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het: 1 (FRA) 715 26 41 34 101 2 (USA) 75 19 14 14 47 3 (GBR) 102 15 6 9 30 4 (ZZX) 23 6 3 3 12 5 (SUI) 16 6 2 1 9 6 (BEL) 57 5 5 5 15 7 (GER) 76 4 2 2 8 8 (ITA) 25 2 2 0 4 9 (AUS) 2 2 0 3 5 10 (DEN) 13 1 3 2 6

Sien ook Olimpiese Winterspele 1924 in Chamonix-Mont-Blanc Olimpiese Somerspele 1924 in Parys Olimpiese Winterspele 1968 in Grenoble Olimpiese Winterspele 1992 in Albertville Olimpiese Somerspele 2024 in Parys

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Paris 1900 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1900 Olympics 1900 to 1920

Kategorie:Geskiedenis van Frankryk 1900 Kategorie:Olimpiese Spele in Frankryk Kategorie:Sport in Parys