Die Olimpiese Somerspele 1896 (Grieks: Θερινοί Ολυμπιακοί Αγώνες 1896, Therinoí Olympiakoí Agó̱nes 1896), amptelik bekend as die Spele van die Iste Olimpiade, was die eerste moderne Olimpiese Spele. Die Spele is op inisiatief van Baron Pierre de Coubertin gehou en het vanaf 6 tot en met 15 April 1896 in Athene, Griekeland, plaasgevind. Athene is ter herdenking van die antieke Olimpiese Spele gekies.

duimnael|links|Die openingseremonie in die Atheense Panathinaiko-stadion Die Spele is aan Athene toegewys op 'n kongres wat deur De Coubertin in 1894 georganiseer is. Die Internasionale Olimpiese Komitee is ook tydens hierdie kongres gestig.

Die Spele was die eerste sedert die Romeinse keiser Theodosius I die antieke Spele in 393 verbied het, vanweë die heidense oorsprong daarvan.

Daar het 'n totaal van 241 mansatlete uit 14 lande aan hierdie eerste moderne Olimpiese Spele deelgeneem. Deelname was nog nie vir vroue oop nie, maar in teenstelling met die antieke Olimpiese Spele is hulle as toeskouers toegelaat.

Sporte 9 Olimpiese sportsoorte in 43 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 122 goue medaljes oorhandig.

Stadions duimnael|upright|Demetrius Vikelas, die Internasionale Olimpiese Komitee se eerste voorsitter Sewe sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1896 gebruik: StadionSporteKapasiteit Panathinaiko-stadion Atletiek, Gewigoptel, Gimnastiek en Stoei 80 000 Baai van Zea Swem Nie gelys nie Athens Lawn Tennis Club Tennis Nie gelys nie Kallithea Skyfskiet Nie gelys nie Maraton Atletiek, Maraton, Fietsry Nie gelys nie Neo Phaliron Velodrome Fietsry Nie gelys nie Zappeion Skermsport Nie gelys nie

Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

   ●    Openingseremonie   ●    Wedstryde   ●    Wedstryde met medaljes   ●    Sluitingseremonie

April 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 Seremonies ● ● 20px Atletiek ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● ● 20px Fietsry ● ● ● ● ● ● 20px Gewigoptel ● ● 20px Gimnastiek ● ● ● ● ● ● ● ● 20px Skermsport ● ● ● 20px Skyfskiet ● ● ● ● ● ● ● 20px Stoei ● ● 20px Swem ● ● ● ● 20px Tennis ● ● ● ● April 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15

Deelnemende nasies duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1896:

Gasheerstad Athene Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes duimnael|'n Silwermedalje is aan die wenner van elke wedstryd toegeken Hier is die top elf lande wat medaljes tydens die Spele verower het: 1 (USA) 14 11 7 2 20 2 (GRE) 169 10 17 19 46 3 (GER) 19 6 5 2 13 4 (FRA) 13 5 4 2 11 5 (GBR) 11 2 3 2 7 6 (HUN) 7 2 1 3 6 7 (AUT) 3 2 1 2 5 8 (AUS) 1 2 0 0 2 9 (DEN) 3 1 2 3 6 10 (SUI) 3 1 2 0 3 11 (ZZX) 8 1 1 1 3 Totaal (11 NOKs) 241 43 43 36 122

Sien ook Olimpiese Somerspele 1906 in Athene Olimpiese Somerspele 2004 in Athene

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Athene 1896 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1896 1896 Athens Olympics

Kategorie:Athene Kategorie:Geskiedenis van Griekeland 1896 1896