Cyanella (raaptol) is 'n genus wat hoort tot die familie Tecophilaeaceae. Die blomplante is meerjarig en geofiete. Daar is nege spesies in die genus en vyf is deel van die fynbos. Al die spesies kom in die winterreënval streek in Suid-Afrika voor. Die genus is die eerste keer in 1754 beskryf.Search for "Cyanella", Die knolle is eetbaar indien dit gebraai word, dan lyk dit soos 'n raap of 'n tol - vandaar die groepsnaam van raaptol.John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018

Spesies Cyanella alba L.f. - Noord-Kaap, Wes-Kaap Cyanella aquatica Oberm. ex G.Scott - Noord-Kaap Cyanella cygnea G.Scott - Noord-Kaap Cyanella hyacinthoides Royen ex L. - Noord-Kaap, Wes-Kaap; genaturaliseer in Wes-Australia Cyanella lutea L.f. - Noord-Kaap, Oos-Kaap, Wes-Kaap Cyanella marlothii J.C.Manning & Goldblatt - Noord-Kaap Cyanella orchidiformis Jacq. - Noord-Kaap, Wes-Kaap Cyanella pentheri Zahlbr. - Noord-Kaap, Wes-Kaap Cyanella ramosissima (Engl. & Krause) Engl. & K.Krause - Namibië, Noord-Kaap

Verwysings