Die blouraaptol (Cyanella hyacinthoides) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Cyanella behoort en is deel van die fynbos. Die plant is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom vanaf Steinkopf, suidwaarts deur Namakwaland, die Weskus lae gebiede, die Bokkeveld en Roggeveld-eskarpte tot by die Kaapse Skiereiland, en ooswaarts met die lae kusgebiede tot by die Gouritsrivier voor.

Die plant blom van Augustus tot November.John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018 Dit staan ook bekend as dolraap, klipraap, raap, raapdol, raaptol, raaptoluintjie, raapuintjie, tolraap en lady's hand in Engels.

Galery

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

hyacinthoides Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika