Die geelraaptol (Cyanella lutea) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Cyanella behoort en deel van die fynbos is. Die plant is endemies aan die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom voor vanaf die Bokkeveld en Roggeveld-eskarpte tot by die Kaapse Vlakte en hiervandaan ooswaarts deur die Klein-Karoo tot by die Kougaberge.

Die plant blom van Augustus tot November.John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018

Subspesies Daar is twee subspesies: Cyanella lutea subsp. lutea Cyanella lutea subsp. rosea (Eckl. ex Baker) J.C.Manning & Goldblatt

Galery

Verwysings

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

lutea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika