Ixia abbreviata is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Citrusdal en Piketberg tot by Malmesbury, Paarl en Tulbagh voor. Daar is tussen nege en twaalf subpopulasies wat erg gefragmenteer is, die gevolg van graan produksie en stedelike ontwikkeling. Die proses gaan aan, die bedreiging bestaan steeds. Die grootste sub populasie is by die Elandskloofberg, noord van Wellington. Die ander subpopulasies bestaan uit minder as 200 plante per groep.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika abbreviata