Die katstertslangbos (Stoebe alopecuroides) is 'n struik wat tot een meter hoog word. Dit is endemies aan die Wes-Kaap en Oos-Kaap waar dit in woudrande en fynbos voorkom vanaf Riversdal tot Uitenhage. Die blare is styf naaldvormig met die rande ingerol, spreidend en gedraai. Die blomhofies is in massas in verlengde are en sonder lintblomme. Hulle is wit en omring deur verskeie rye bruin papieragtige skutblare.

Galery

Bronnelys SANBI Plants of the World Online Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies.

alopecuroides Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika