Oop teïsme, ook bekend as oop teologie en die oopheid van God, is 'n teologiese beweging wat binne die Christendom ontwikkel het as 'n verwerping van die sintese van Griekse filosofie en Christelike teologie. Dit is 'n weergawe van vrye wil-teïsme en ontstaan uit die vrye wil teïstiese tradisie van die kerk, wat terugdateer na die vroeë Kerkvaders. Oop teïsme word tipies bevorder as 'n Bybels gemotiveerde en logies konsekwente teologie van menslike en goddelike vryheid (in die libertariese sin), met 'n klem op wat dit beteken vir die inhoud van God se voorkennis en uitoefening van God se mag.
Dus is dit 'n poging om die voorkennis van God in verhouding met die mens se vrye wil te verklaar. Die argument vir oop teïsme is hoofsaaklik dit: mense is waarlik vry; as God die toekoms volkome geken het, kon die mens nie waarlik vry wees nie. Dus, God weet nie heeltemal alles omtrent die toekoms nie. Oop teïsme is van mening dat die toekoms nie geken kan word nie. Derhalwe weet God alles wat geken kan word, maar Hy ken nie die toekoms nie.
Oop teïsme baseer hierdie oortuiging op Skrifgedeeltes wat beskryf hoe God “Sy mening verander” of “verbaas is” of “skynbaar kennis verwerf” (Genesis 6:6; 22:12; Exodus 32:14; Jona 3:10). In die lig van die baie ander Skrifgedeeltes wat God se kennis van die toekoms bekend maak, moet die aangehaalde Skrifgedeeltes so verstaan word dat God Homself aan ons uitdruk op maniere wat ons kan begryp. God weet wat ons gaan doen en gaan besluit, maar Hy “verander Sy mening” met betrekking tot Sy handelinge gebaseer op ons handelinge. God se teleurstelling in die boosheid van die mens beteken nie dat Hy nie geweet het dat dit gaan plaasvind nie.
In teenstelling met oop teïsme, verklaar Psalm 139:4, 16, “Want daar is nog geen woord op my tong nie – of U, HERE, U ken dit geheel en al… en in U boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.” Hoe kan God ingewikkelde besonderhede omtrent Jesus Christus in die Ou Testament voorspel as Hy nie die toekoms ken nie? Hoe kan God ons ewige verlossing op enige wyse waarborg as Hy nie weet wat die toekoms inhou nie?
Ten laaste, oop teïsme faal daarin omdat dit poog om die onverklaarbare te verklaar – die verhouding tussen God se voorkennis en die mensdom se vrye wil. Net soos die uiterste vorms van Calvinisme faal omdat hulle van mense niks meer maak as vooraf geprogrammeerde robotte nie, so faal oop teïsme omdat dit God se waaragtige alwetendheid en oppergesag verwerp. God moet deur geloof verstaan word, want “sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag” (Hebreërs 11:6a). Oop teïsme is dus nie Skriftuurlik nie. Dit is eenvoudig 'n ander manier vir die beperkte mens om die Oneindige God te probeer verstaan. Oop teïsme moet deur die volgelinge van Christus verwerp word. Terwyl oop teïsme 'n verduideliking is vir die verhouding tussen God se voorkennis en menslike vrye wil, is dit nie 'n Bybelse verduideliking nie.
Verwysings
Bronnelys Voorodele
Trinity and Process, G.Boyd, 1992 "Satan & the Problem of Evil: Constructing a Trinitarian Warfare Theodicy", Greg Boyd (2001) The Case for Freewill Theism: a Philosophical Assessment, David Basinger, 1996, InterVarsity Press, The Openness of God: The Relationship of Divine Foreknowledge and Human Free Will, Richard Rice, 1980, Review and Herald Pub. Association, The Openness of God: A Biblical Challenge to the Traditional Understanding of God, Clark Pinnock editor, et al., 1994, InterVarsity Press , Paternoster Press (UK), (followup to Rice book includes contribution from him) The God Who Risks: A Theology of Providence, John Sanders, revised edition, 2007. InterVarsity Press, The Nature of Love: A Theology, Thomas Jay Oord, 2010. Chalice Press, God, Time, and Knowledge, William Hasker, 1998, Cornell University Press, God of the Possible, Gregory A. Boyd, 2000 reprint, Baker Books, Most Moved Mover: A Theology of God's Openness (The Didsbury Lectures), Clark Pinnock, 2001, Baker Academic, Providence, Evil, and the Openness of God, William Hasker, 2004, Routledge, Creation Made Free: Open Theology Engaging Science, Thomas Jay Oord ed., 2009, Pickwick,
Nadele
God's Lesser Glory, Bruce A. Ware, 2000, Crossway Books, Still Sovereign: Contemporary Perspectives on Election, Foreknowledge, and Grace, Thomas R. Schreiner and Bruce A. Ware (editors), 2000, Baker Academic, Bound Only Once: The Failure of Open Theism, Douglas Wilson editor, et al., 2001, Canon Press, No Other God: A Response to Open Theism, John M. Frame, P & R Publishing, 2001, Consuming Glory: A Classical Defense of Divine-Human Relationality Against Open Theism, Gannon Murphy, Wipf & Stock, 2006, Beyond the Bounds: Open Theism and the Undermining of Biblical Christianity, John Piper et al., 2003, Crossway Books, What Does God Know and When Does He Know It?: The Current Controversy over Divine Foreknowledge, Millard J. Erickson, Zondervan, 2006, How Much Does God Foreknow?: A Comprehensive Biblical Study, Steven C. Roy, InterVarsity Press, 2006, The Benefits of Providence: A New Look at Divine Sovereignty, James S. Spiegel, Crossway Books, 2005,
Verskeie aansigte
The Sovereignty of God Debate, D. Steven Long and George Kalantizis editors, 2009 Cascade Books, Perspectives on the Doctrine of God: 4 Views, Bruce Ware editor, 2008, Broadman and Holman Academic, Divine Foreknowledge: 4 Views, James Beilby and Paul Eddy (editors), et al., 2001, InterVarsity Press, God and Time: Essays on the Divine Nature, Gregory E. Ganssle and David M. Woodruff (editors), 2002, Oxford University Press, God & Time: Four Views, Gregory E. Ganssle (editor), et al., 2001, InterVarsity Press, Predestination & Free Will, David and Randall Basinger (editors), et al., 1985, Intervarsity Press, Searching for an Adequate God, John Cobb and Clark Pinnock (Editors), et al., 2000, Wm. B. Eerdmans Publishing Company,
Eksterne skakels Wat is oop teïsme?
Kategorie:Teologie