Die blombos (Metalasia densa) is 'n struik wat tot 2.5 meter hoog word en derhalwe as 'n boom gekategoriseer word. Die struik kom voor in Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Lesotho. Die struik groei in sanderige of klipperige gelyktes en hange.
Dit is 'n geronde struik met wit-wollerige takke. Die blare is dikwels afwaarts gekrom, lansvormig en styf met 'n skerp punt, gedraai en met die rande omgekrul. Die blomhofies kom in plat trosse op die punte van die takke voor. Dit is sonder lintblomme, slegs vyf mm in deursnee en omring deur verskeie rye skutblare met die binnestes kroonblaaragtig op die punte. Die blomme is wit of soms bruin.
Die struik se FSA-nommer is 735.4.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys SANBI Plants of the World Online Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies.
densa Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika