Die kapkoppie (Eriocephalus racemosus) is 'n struik wat tot 1.5 m hoog word. Die struik is inheems aan die Wes-Kaap en Oos-Kaap waar dit saam met die fynbos voorkom. Dit groei in kusduine en sanderige gelyktes. Voëls gebruik die donserige sade vir hul neste gedurende die vrugstadium.
Die blare is silindries en soms effens vlesig. Die blomhofies is alleenstaande in die blaaroksels en vorm lang trosse, skynbaar sonder lintblomme. Hulle is 3 mm in deursnee en is omring deur verskeie rye skutblare.
Galery
Bronnelys Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies. SANBI Plants of the World Online
Kategorie:Struike racemosus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika