Marina Joubert is 'n senior navorser in wetenskaplike kommunikasie aan die sentrum vir navorsing oor evaluering, wetenskap en tegnologie verbonde aan die Universiteit Stellenbosch. Voorheen was sy die kommunikasiebestuurder van die Nasionale Navorsingstigting en het sy 'n onafhanklike adviesburo vir wetenskaplike kommunikasie vir 'n dekade bestuur. Haar adviesburo het die eerste aanlynkursus in wetenskapskommunikasie in Afrika aangebied.
Joubert is vereer met die Nasionale Wetenskap en Tegnologie Forum se toekenning vir "Kommunikasie vir uitreik en bewusmaking" en is 'n erelewenslid van die Australiese Public Communication of Science and Technology-netwerk, wat aan haar toegeken is vir "uitstekende bydraes tot die internasionale wetenskaplike kommunikasiegemeenskap."
Sy is 'n uitgesproke voorstander van wetenskaplike kommunikasie en is teen propaganda teen inenting en alle kwaksalwery en pseudowetenskappe in die algemeen.
Opvoeding en loopbaan Joubert het haar BS-graad in voedselwetenskap (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch in 1984 behaal, gevolg deur 'n BS-honneurs (cum laude) in 1986 en joernalistiek-honneurs (cum laude) in 1987. Sy het haar meestersgraad (Cum Laude) aan die Universiteit van Pretoria in 1989 voltooi en haar doktersgraad aan die Universiteit Stellenbosch in 2018.
Vanaf 1989 het sy as as kommunikasiebestuurder vir die Stigting vir Navorsingsontwikkeling gewerk, gevolg deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) in 1999. In 2001 word Joubert wetenskaplike kommunikasiebestuurder vir die Suid-Afrikaanse agentskap vir bevordering van wetenskap en tegnologie (deel van die NNS).
In 2005 het Joubert Southern Science, 'n onafhanklike adviesburo vir wetenskaplike kommunikasie, gestig wat sy tot Maart 2014 bestuur het. 'n Deel van haar werk was die mede-aanbied van werksessies oor wetenskaplike kommunikasie, gerig op akademici in hul vroeë loopbaan, in samewerking met Robert Inglis en die Universiteit van Pretoria. Die kursus was die eerste aanlynkursus in wetenskapskommunikasie in Afrika en meer as 180 wetenskaplike kommunikeerders uit Afrika het hierdie kursus teen 2019 voltooi.
In 2014 het Joubert onder kontrak by die Universiteit van Pretoria aangesluit as spesialis in navorsingskommunikasie en deeltydse dosent / navorser aan die Universiteit Stellenbosch. In 2015 is sy na senior navorser aan die Universiteit Stellenbosch bevorder.
Onderhoude, konferensies, studies Joubert het al verskeie onderhoude gevoer as deel van haar werk. In 2017 het sy deel geneem aan die internasionale beraad oor kwakery en pseudowetenskap (International summit on quackery and pseudoscience) in Stellenbosch. Die beraad het onderwerpe behandel soos: die opkoms en gevare van pseudowetenskap en ontkenning van wetenskap; kommunikasie van onsekerheid in die wetenskap; gesondheidsregulering; wetenskap in die hof; die media en pseudowetenskap; en die uitbuiting van desperaat siekes, weerloses en onkundiges. Haar aanbieding was geregtig "Science-based evidence: Accurate and ethical communication."
In 2017 het Joubert 'n onderhoud gevoer met Inside Education met betrekking tot die tydskrifartikel "In die voetspore van Einstein, Sagan en Barnard: Die identifisering van Suid-Afrika se mees sigbare wetenskaplikes." In die onderhoud het sy verduidelik dat minder as 1% van die wetenskaplike personeel in die openbaar verskyn. Daarom word hierdie "sigbare wetenskaplikes toenemend erken as die nuwe wetenskaplike elite, omdat hul hoë openbare profiele hulle in staat stel om hul idees te versprei, beleidmakers te beïnvloed, wetenskap te verdedig en 'n kultuur van wetenskap in die samelewing te bevorder. In ons samelewing is dit ook dié rolmodelle wat die openbare beeld van die wetenskap vorm.”
In 2018 het Joubert gesê dat 'n samewerking met navorsers van die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en Australië beplan word, met 'n "studie wat daarop gemik is om die boodskappe en aansprake van spesiale belangegroepe teen inenting en hul potensiële impak op inentingsprogramme in Suid-Afrika beter te verstaan. .. Ons hoop om met 'n aantal lande saam te werk om te sien hoe hierdie groepe hul argumente formuleer, watter bewyse hulle gebruik en hoe hulle hul argumente bevestig." Die studie sou van 2019 tot 2021 duur. Sy is ook in 'n onderhoud in die verband op die radiostasie CapeTalk in 2019.
Toekennings en verenigings Van die toekennings wat aan Joubert toegeken is, is: 2015 - NSS-toekenning vir "Kommunikasie vir uitreik en bewusmaking" 2018 - Media-uitnemendheidstoekenning van die Universiteit Stellenbosch
Joubert is 'n lid van verskeie organisasies, waaronder: Erelewenslid van die Australiese Public Communication of Science and Technology-netwerk (PCST) vir 'n "uitstekende bydrae tot die internasionale wetenskaplike kommunikasiegemeenskap" Die wetenskaplike komitee van die PCST-netwerk Die redaksie van Journal of Science Communication Adviesraad van die joernaal SAGE se Science Communication Tegniese redakteur van die Journal of Geoscience Communication Suid-Afrikaanse Vroue in die Wetenskap Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wetenskapjoernaliste
Geselekteerde publikasies
Verwysings
Eksterne skakels ResearchGate se profiel vir Marina Joubert Marina Joubert in die Journal of Science Communication Marina Joubert aan Taylor & Francis-aanlyn Webwerf van die South African Agency for Science and Technology Webwerf van CREST aan Stellenbosch University Webwerf van die Journal of Geoscience Communication
Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici