Die grootsteekhaarbos (Cullumia squarrosa) is 'n struikie wat tot 50 cm hoog word. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom vanaf die Kaapse Skiereiland tot by die Agulhasvlakte. Die groei in kusbos in sandsteen.
Die blare is afgebuig, smal, lansvormig met stekelpunte. Die rande is sterk na onder gerol en borselagtig. Die blomhofies is geel met geel lintblomme. Hulle is 20 mm in deursnee, omring deur verskeie rye skerp skutblare maar die binnenste skutblare verskil van die buitenstes en is sonder stekels of borselhare.
Die plant is deel van die fynbos-bioom.
Bronne Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies. SANBI Redlist Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Cullumia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Struike