Die skilpadteebossie (Leysera gnaphalodes) is 'n klein struikie wat tot 40 cm hoog word. Die plant kom voor in die Noord-Kaap, Wes-Kaap, Oos-Kaap en die suide van Namibië waar dit op sanderige gelyktes voorkom. Die plant vertak vanaf die basis. Die blare is grys en harig, smal en draadvormig. Die blomhofies is in los groepe aan draadvormige stele op die punte van die takke en is geel met geel lintblomme. Die blomme is omring deur verskeie rye, stywe skutblare wat op die punte papieragtig is.

Sinonieme Die spesie het 13 sinonieme:

Asteropterus callicornia Gaertn. Asteropterus ceruleus Raf. Asteropterus dinteri Rothm. Asteropterus gnaphalodes (L.) Rothm. Asteropterus gracilis Rothm. Asteropterus incanus (Thunb.) Rothm. Callicornia gnaphaloides Burm.f. Callicornia tenuifolia Burm.f. Callisia gnaphalodes L. Leysera callicornia L. Leysera incana Thunb. Leysera tenuifolia Salisb. Othonna filifolia Burm.f. ex DC.

Galery

Bronnelys Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies. SANBI Redlist Plants of the World Online

Eksterne skakels

gnaphalodes Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Struike