Die wilderoosmaryn (Eriocephalus africanus var. africanus) is 'n struik wat tot 1 m hoog word. Die spesie is inheems aan die Wes-Kaap en Oos-Kaap waar dit voorkom in kleierige en graniethange en deel vorm van die fynbos. Dit staan ook bekend as die kapokbos.

Die plant se blare is in bondels, draadvormig of drieledig vertak. Die blomhofies is in plat trosse op die punte van die takke en pers van kleur met wit lintblomme; dit word omring deur verskeie rye gepunte skutblare. Die plant het medisinale gebruik, dit word gebruik vir watersug en maagpyn.

Galery

Bronnelys Manning, John: Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika. Briza Publikasies. SANBI redlist Plants of the World Online PLANTZAFRICA

Kategorie:Struike africanus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika