Van Balen se aalwyn (Aloe vanbalenii) is 'n aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is inheems in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Eswatini. Die plant word tot 600 mm hoog terwyl die geboë blare tot 800 mm lank word met die punte wat amper die grond raak. Die blare word koperrooi wanneer die plant in volson groei. Die blomme is 30 tot 40 mm lank aan stele wat tot 1 m lank word.

Galery

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronnelys PZA SANBI SANBI rooilys South-African Indigenous Plants - Aloe vanbalenii Plants of the World Online

vanbalenii Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika