Die borselaalwyn (Aloe rupestris) kom in die noorde van KwaZulu-Natal, Eswatini en die suide van Mosambiek voor. Die aalwyn word 4 tot 6 m hoog, alhoewel sommige reeds 8 m bereik het, en word geklassifiseer as 'n boom met die FSA-nommer van 30.3.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Rupestris beteken: groei in rotsagtige plekke.
Die plant blom in die winter, aanvanklik is die blomme geel en verander later na diep-oranje. Die blomme lyk soos bottelborsels.
In Engels staan die aalwyn bekend as die bottlebrush aloe.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van aalwynspesies
Verwysings
Bronnelys PZA SANBI REDLIST SANBI Plants of the World Online
rupestris Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika