Die klippiesaalwyn (Aloe succotrina) is 'n aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op kranse in die Kaapse Skiereiland, Hangklip en Hermanus gebiede. Dit word beskou as deel van die fynbos-bioom. Die plant word oor die algemeen 1 m hoog, soms tot 1,5 m. Die plant blom van Julie tot Augustus en die blomme is oranje-rooi.
Galery
Sien ook Lys van aalwynspesies Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys PlantZAfrica REDLIST Sanbi Plants of the World ONline
succotrina Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika