Die Mbashe-aalwyn (Aloe reynoldsii) is 'n seldsame aalwyn wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie word slegs op een plek gevind word. Dit kom voor op die suidoostelike en suidelike berghange aan die M'basherivier, naby Dutywa in die Oos-Kaap op hoogtes van 300 m tot 600 m. 'n Kenmerk van die aalwyn is dat dit nie stekels op die rante van die blare het nie. Die plant word 650 mm hoog, die blare word 350 mm lank en 110 mm breed. Die plant dra geel blomme van Augustus tot Oktober. Die plant se Engelse naam is Yellow spineless aloe.

Galery

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronnelys PZA SANBI REDLIST SANBI Plants of the World Online

reynoldsii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika