Die Barberton-grasaalwyn (Aloe rouxii) is 'n aalwyn wat endemies en seldsaam is en kan net naby Barberton, Mpumalanga in die Lows Creek omgewing gevind word. Die spesie is eers onlangs ontdek en geklassifiseer. Die plant is klein en word net 120 mm hoog. Dit is meerstammig, 8 tot 22, en is 200 m in deursnee. Die plant dra geel blomme in die winter en is moeilik om te sien wanneer dit nie blom nie.

Sien ook Lys van aalwynspesies

Bronnelys PZA SANBI Plants of the World Online

rouxii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika