thumb|Morfeus, deur Jean-Bernard Restout. Morfeus ("Vormer", van die Griekse μορφή, morphe, "vorm")Griffin, p. 249; Grimal, s.v. Morpheus, p. 296; LSJ s.v. μορφ-ή. is ’n god wat met slaap en drome verbind word. In Ovidius se Metamorfoses is hy die seun van Slaap en verskyn hy in menslike vorm in drome. Sedert die Middeleeue was hy beter bekend as die god van drome of van slaap.Kearns, s.v. Morpheus p. 968; Griffin, p. 248.

Ovidius In Ovidius se Metamorfoses is Morfeus een van die duisend seuns van Somnus (Slaap).Grimal, s.v. Morpheus, p. 296; Tripp, s.v. Somnus, p. 534; Ovidius, Metamorfoses 11.633–677. Sy funksie was om in menslike vorm in drome te verskyn. Volgens Ovidius was niemand anders meer bedrewe as hy om die postuur, eienskappe, spraak en klere van mans na te maak nie.Ovidius, Metamorfoses 11.633–638. Nes ander gode wat met slaap verbind is, het Ovidius vir Morfeus vlerke gegee.Grimal, s.v. Morpheus, p. 296; Griffin, p. 243; Ovidius, Metamorfoses 11.652–653.

Ovidius het Morfeus en sy broers, die ander seuns van Somnus, die Somnia ("droomvorms") genoem en gesê hulle verskyn in drome en "maak baie vorms na".Ovidius, Metamorfoses 11.613.

Ovidius het aan nog twee broers name gegee, maar dié drie broers se name word nooit voor Ovidius teengekom nie en is dalk deur Ovidius uitgedink.Griffin, p. 249. Tripp noem die drie figure "letterkundige, nie mitiese begrippe nie".Tripp, s.v. Somnus, p. 534. Griffin stel egter voor hierdie verdeling van droomvorms tussen Morfeus en sy broers, wat moontlik hulle name ingesluit het, is van Hellenistiese oorsprong.Griffin, pp. 179, 249.

Afleiding Friedrich Sertürner het die naam van die opiaat morfien van Morfeus se naam afgelei.

Galery

Verwysings

Bronne

Britten Austin, Paul, The Life and Songs of Carl Michael Bellman: Genius of the Swedish Rococo. Allhem, Malmö American-Scandinavian Foundation, New York, 1967. . Burton, Robert, The Anatomy of Melancholy, Philadelphia, New York: J. W. Moore, J. Wiley, 1850. Aanlyn weergawe by University of Michigan Library. . Grimal, Pierre, The Dictionary of Classical Mythology, Wiley-Blackwell, 1996, . . Ovidius. Metamorfoses, Volume II: Boeke 9-15. Vertaal deur Frank Justus Miller. Loeb Classical Library No. 43. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press, 1916. Aanlyn weergawe. Tripp, Edward, Crowell's Handbook of Classical Mythology, Thomas Y. Crowell Co; 1ste uitg. (Junie 1970). .

Skakels

Kategorie:Griekse gode