30 Desember is die 364ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (365ste in skrikkeljare). Daar volg nog slegs 1 dag in die res van die jaar.

Gebeure 1370 – Pous Gregorius XI volg Pous Urbanus V op. 1407 – Pous Gregorius XII benoem sy neef Gabriele Condulmer (later Pous Eugenius IV) as biskop van Sienna. 1797 – Pous Pius VI publiseer Christi Ecclesiae met reëlings vir 'n konklaaf. 1853 – Gadsden Purchase: Die Verenigde State koop 30 000 vierkante myl land suid van die Gilarivier en wes van die Rio Grande by Meksiko vir VS$10 miljoen. 1880 – Paul Kruger word die President van die Transvaalse Republiek. 1947 – Koning Michael word geforseer om te abdikeer ná Roemenië 'n Volksrepubliek word. 1959 – Die USS George Washington (SSBN-598) word in diens gestel, Amerika se eerste ballistiese kernaangedrewe duikboot. 1965 – Ferdinand Marcos word President van die Filippyne.

Geboortes 39 – Titus, Romeinse keiser († 81). 1371 – Wasili I van Moskou, Grootprins van die Rjoerik-dinastie († 1425). 1756 – Paul Wranitzky, Morawiese komponis († 1808). 1819 – Theodor Fontane, Duitse skrywer en joernalis († 1898). 1865 – Rudyard Kipling, Engelse skrywer en digter († 1936). 1871 – J.H.H. de Waal, regsgeleerde, taalman en politikus († 1937). 1942 – Anne Charleston, Australiese aktrise. 1942 – Fred Ward, Amerikaanse akteur († 2022). 1961 – Sean Hannity, Amerikaanse televisieaanbieder en konserwatiewe politieke kommentator. 1963 – Mike Pompeo, 70ste Minister van Buitelandse Sake van die Verenigde State. 1969 – Toks van der Linde, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en tv-geselsprogramaanbieder. 1971 – Peter Buwalda, Nederlandse skrywer en rubriekskrywer. 1973 – Maureen Flannigan, Amerikaanse aktrise. 1975 – Tiger Woods, Amerikaanse beroepsgholfspeler. 1979 – Manie Jackson, Afrikaanse Country-sanger. 1979 – Nicholis Louw, Afrikaanse pop- en operasanger. 1980 – Eliza Dushku, Amerikaanse aktrise. 1996 – Stephanie Del Valle, Puerto Ricaanse musikant, model en skoonheidskoningin (Mej Wêreld 2016).

Sterftes 274 – Pous Felix I, die 26ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1591 – Pous Innocentius IX, die 230ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1519). 1644 – Jan van Helmont, Vlaamse chemikus, fisioloog en medikus (* 1580). 1731 – Guillaume Chenu de Chalezac, Franse avonturier (* 1672). 1875 – Adam Kok III, leier van die Griekwas (* 1811). 1932 – Daisy de Melker, moordenares, word gehang (* 1886). 1947 – Alfred North Whitehead, filosoof, fisikus en wiskundige (* 1861). 1971 – Albertus van Rhyn, Suid-Afrikaanse onderwysman, koerantredakteur, politikus en ambassadeur (* 1890). 1989 – Etienne Leroux, Afrikaanse skrywer (* 1922). 2001 – Wahjoe Sardono Indonesiese akteur, komediant en dosent (* 1951). 2004 – Artie Shaw, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis (* 1910). 2006 – Saddam Hussein, leier van Irak (* 1937). 2023 – Tom Wilkinson, Engelse akteur (* 1948). 2023 – John Pilger, Australiese joernalis, skrywer en dokumentêre rolprentmaker (* 1939). 2024 – Sibusiso Bengu, Suid-Afrikaanse Minister van Onderwys in die kabinet van Nelson Mandela (* 1933).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae José Rizaldag in die Filippyne. Feesdag van Pous Felix I in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Desember