29 Desember is die 363ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (364ste in skrikkeljare). Daar volg nog 2 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1170 – Die Aartsbiskop van Kantelberg Thomas Becket word vermoor in sy eie katedraal onder opdrag van Hendrik II van Engeland. 1523 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop van Sabina. 1700 – Pous Clemens XI verklaar Jakov Varingez salig. 1845 – Die Republiek van Texas word geannekseer deur die Verenigde State en word die deelstaat Texas. 1890 – Die Amerikaanse Leër vermoor meer as 400 lede van die Groot Siouxnasie tydens die Slagting van Wounded Knee. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Helvetia vind plaas. 1911 – Mongolië word van die Manchu-Qing-ryk onafhanklik. 1911 – Sun Yat-sen word verkies tot die eerste President van die Republiek China. 1916 – Die SS O'Bell strand net suidwes van die mond van die M'basherivier en naby Mendupunt in die destydse Galekaland. 1937 – Die Ierse Vrystaat word vervang deur 'n nuwe staat genaamd die Republiek Ierland nadat 'n nuwe grondwet aanvaar is. 1997 – Australië wen die sesde Vrouekrieketwêreldbeker in Indië. 2013 – Die voormalige sewemalige Duitse Formule Een-wêreldkampioen Michael Schumacher doen ernstige breinskade op tydens 'n frats-ski-ongeluk by Meribel in die Franse Alpe. Sedertdien wil sy familie geen inligting oor sy gesondheid bekend maak nie, behalwe dat daar goed na hom omgesien word tydens sy rehabilitasieproses. 2024 – Jeju Air-vlug 2216 bots teen ‘n versperring in die Muan Internasionale Lughawe in Muan, Suid-Korea. Uit die 181 insittendes is bevestig dat 179 mense dood is terwyl 2 met beserings oorleef het.
Geboortes 1709 – Jelizawjeta Petrowna, Keiserin Elisabeth van Rusland († 1762). 1808 – Andrew Johnson, die 17de President van die Verenigde State († 1875). 1911 – Klaus Fuchs, Duitse teoretiese fisikus en atoomspioen († 1988). 1918 – Dricky Beukes, Suid-Afrikaanse skrywer († 1999). 1929 – Dr. Jan van Elfen, skrywer van mediese boeke, o.a. Dokter in die huis († 2007). 1932 – Inga Swenson, Amerikaanse aktrise († 2023). 1936 – Mary Tyler Moore, Amerikaanse aktrise en komediant († 2017). 1938 – Jon Voight, Amerikaanse akteur. 1939 – Patricia Berjak, Suid-Afrikaanse plantkundige († 2015). 1946 – Marianne Faithfull 'n Engelse sangeres en aktrise († 2025) 1955 – Donald Hoffman, 'n Amerikaanse kognitiewe sielkundige en populêre wetenskapskrywer. 1961 – Anton Nel, Suid-Afrikaanse klassieke konsert pianis. 1976 – Danny McBride, Amerikaanse akteur. 1982 – Alison Brie, Amerikaanse aktrise. 1996 – Dylan Minnette, Amerikaanse akteur.
Sterftes 1630 – Johannes Stalpaert van der Wiele, Nederlandse priester, skrywer en digter (* 1579) 1815 – Saartjie Baartman, Khoikhoi-vrou wat in Europa as die Hottentot-Venus tentoongestel is (* 1789). 1926 – Rainer Maria Rilke, Oostenrykse digter (* 1875). 1959 – Leila Reitz, eerste vrou in Suid-Afrika se Volksraad (* 1887). 1962 – Hans Rosbaud, Oostenrykse dirigent (* 1895). 1986 – Andrei Tarkofski, Sowjet-Russiese rolprentregisseur, filmteoretikus, toneel- en operaregisseur (* 1932). 1995 – Lita Grey, Amerikaanse aktrise (* 1908). 2004 – Eugenio Garin, Italiaanse filosoof en Renaissance geskiedkundige (* 1909). 2008 – Freddie Hubbard, Amerikaanse jazz-trompetspeler (* 1938). 2011 – Amichand Rajbansi, leier van die Minority Front in Suid-Afrika se Parlement (* 1942). 2012 – Tony Greig, Suid-Afrikaansgebore Engelse krieketspeler (* 1946). 2021 – Peter Klatzow, Suid-Afrikaanse komponis en pianis (* 1945). 2022 – Pelé, Brasiliaanse sokkerspeler, hy word dikwels beskryf as die beste sokkerspeler van alle tye (* 1940). 2022 – Vivienne Westwood, Engelse modeontwerper (* 1941). 2024 – Jimmy Carter, 39ste President van die Verenigde State (* 1924). 2024 – Linda Lavin, Amerikaanse regisseuse, en vervaardiger (* 1937).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Kategorie:Desember