28 Desember is die 362ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (363ste in skrikkeljare). Daar volg nog 3 dae in die res van die jaar.

duimnael|regs|160px|Geboortedag van die digter, C. Louis Leipoldt.

Gebeure 248 – Pous Dionisius van Alexandrië volg Herakles as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op. 418 – Pous Bonifatius I volg Pous Zosimus op. 1065 – Die Westminster-abdy, gebou deur Eduard die Belyer tussen 1045 en 1050, word ingewy. 1478 – Veldslag van Giornico, 175 soldate van die Switserse Bondgenootskap en 600 boere uit die Livinio-vallei oorwin 'n groot oormag van 10 000 soldate van Milaan. 1835 – Osceola lei sy Seminoolvegters in Florida en begin die Tweede Seminool-oorlog teen die Amerikaanse Leër. 1836 – Spanje erken Meksiko se onafhanklikheid. 1846 – Iowa word die 29ste deelstaat van die Verenigde State. 1879 – Die middelste deel van die Tay Treinbrug in Dundee, Skotland sak ineen terwyl 'n trein daaroor beweeg, 75 mense sterf. 1895 – Geskiedenis van die rolprent: Die Lumière broers vertoon bewegende prente aan 'n betalende gehoor vir die eerste keer. 1909 – Eerste vlug in Suid-Afrika (en ook Afrika) onderneem deur Albert Kimmerling by die Nahoon-perderenbaan in Oos-Londen. 1999 – Saparmurat Niyazov word President vir Lewe geproklameer in Turkmenistan.

Geboortes 1855 – Rudolf Marloth, Suid-Afrikaanse chemikus en plantkundige, na wie die bergaalwyn (Aloe marlothii) genoem is († 1931). 1856 – Woodrow Wilson, 28ste President van die Verenigde State († 1924). 1880 – C. Louis Leipoldt, Afrikaanse digter († 1947). 1897 – Iwan Konef, Sowjetmaarskalk in die Rooi Leër († 1973). 1902 – Mortimer Adler, Amerikaanse filosoof († 2001). 1926 – F.F. Odendal, Afrikaanse taalkundige en leksikograaf († 2013) 1932 – Nichelle Nichols, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2022). 1944 – Kary Mullis, Amerikaanse biochemikus († 2019). 1944 – John Komlos, Amerikaanse ekonomiese historikus. 1947 – Mamphela Ramphele, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis/politikus, dokter, akademikus. 1954 – Denzel Washington, Amerikaanse akteur. 1960 – Chad McQueen, Amerikaanse akteur en vervaardiger. 1969 – Linus Torvalds, Finse rekenaarwetenskaplike en skepper van Linux. 1978 – Aisleyne Horgan-Wallace, Engelse tv-persoonlikheid, model en rubriekskrywer.

Sterftes 1447 – Gil Sanches Muñoz y Carbon, biskop van Valencia, voorheen Teenpous Clemens VIII (* 1369). 1503 – Piero di Lorenzo de' Medici, heerser van Florence vanaf 1492 tot sy ballingskap in 1494 (* 1472). 1694 – Koningin Maria II van Engeland (* 1662). 1890 – ds. Dirk Postma, grondlegger van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (* 1818). 1931 – Curt von François, stigter van Windhoek, Namibië (* 1852). 1937 – Maurice Ravel, Franse komponis (* 1875). 1991 – Cassandra Harris, Amerikaanse aktrise (* 1948). 2003 – Rykie van Reenen, Afrikaanse joernalis (* 1923). 2004 – Susan Sontag, Amerikaanse skrywer en rolprentregiseur (* 1933). 2009 – Dirk de Villiers, Suid-Afrikaanse rolprentmaker en akteur (* 1924). 2015 – Chris Barnard, befaamde Afrikaanse skrywer en rolprentmaker (* 1939). 2015 – Ian Murdock, Amerikaanse sagtewareontwikkelaar wat die Debian projek begin het (* 1973). 2016 – Judith Mason, Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1938). 2016 – Debbie Reynolds, Amerikaanse aktrise (* 1932). 2025 – Brigitte Bardot, Franse aktrise, fotomodel, sangeres en aktivis vir diereregte (* 1934).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Feesdag van Pous Theonas van Alexandrië in die Rooms-Katolieke Kerk, ook op 23 Augustus.

Kategorie:Desember