27 Desember is die 361ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (362ste in skrikkeljare). Daar volg nog 4 dae in die res van die jaar.
Gebeure 418 – Teenpous Eulalius begin sy pontifikaat. 1726 – Pous Benedictus XIII verklaar Francis Solano, Johannes van die Kruis en Peregrine Laziosi heilig. 1831 – Charles Darwin verlaat Plymouth aan boord HMS Beagle op wat 'n geskiedkundige ekspedisie sou word. 1838 – Die Slag van die Opatikloof vind plaas, 11 dae na die Slag van Bloedrivier. 1934 – Die Brits-Amerikaanse renjaer Whitney Straight wen Suid-Afrika se eerste Grand Prix by Oos-Londen met 'n Maserati 8CM. 1945 – Die Wêreldbank word ná 'n ooreenkoms tussen 28 nasies gestig. 1949 – Koningin Juliana van Nederland staan soewereiniteit aan Indonesië toe. 1958 – Albino Luciani (later Pous Johannes Paulus I) word biskop van Vittorio Veneto. 1968 – Die Amerikaanse ruimtetuig Apollo 8 voer die eerste bemande omwenteling van die Maan uit. 1978 – Spanje word 'n demokrasie ná 40 jaar van diktatorskap.
Geboortes 1571 – Johannes Kepler, Duitse wiskundige en sterrekundige († 1630). 1654 – Jacob Bernoulli, Switserse wiskundige en wetenskaplike († 1705). 1734 – Nicolaas Laurens Burman, Nederlandse botanis († 1793) 1822 – Louis Pasteur, Franse skeikundige († 1895). 1862 – Anton van Wouw, Suid-Afrikaanse beeldhouer († 1945). 1901 – Marlene Dietrich, Duits-Amerikaanse aktrise († 1992). 1923 – Lucas Mangope, Suid-Afrikaanse politikus en president van die onafhanklike Bantoestan Bophuthatswana (1977–1994) († 2018). 1930 – Ampie Muller, akademikus en omroeper († 2019). 1936 – Ena Murray, Afrikaanse skryfster († 2015). 1944 – Makhenkesi Stofile, Suid-Afrikaanse politikus († 2016). 1956 – Ben-Erik van Wyk, Suid-Afrikaanse botanikus. 1961 – Guido Westerwelle, Duitse politikus († 2016). 1965 – Salman Khan, Indiese akteur en rolprentvervaardiger.
Sterftes 1805 – Isabelle de Charrière, Nederlandse en Switserse skrywer (* 1740). 1838 – Alexander Biggar, Britse Setlaar en soldaat (* 1781). 1923 – Alexandre Gustave Eiffel, Franse ingenieur; bouer van die Eiffeltoring in Parys (* 1832). 1978 – Houari Boumediène, rewolusionêr en tweede President van Algerië (* 1932). 1978 – Alexandre Deulofeu, Spaanse politikus en bekend vir sy sikliese teorie oor die evolusie van beskawings (* 1903). 2007 – Benazir Bhutto, Pakistanse politikus (* 1953). 2015 – Randall Wicomb, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. (* 1949). 2016 – Annanias Mathe, Mosambiekse reeksverkragter en gewapende rower (* 1976). 2016 – Carrie Fisher, Amerikaanse aktrise (* 1956). 2024 – Olivia Hussey, Engelse aktrise (* 1951).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Maksimus van Alexandrië in die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Desember