11 Desember is die 345ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender, (346ste in skrikkeljare). Daar volg nog 20 dae in die res van die jaar. Gebeure 1205 – John Grey, die Biskop van Norwich, word verkies as die Aartsbiskop van Kantelberg. 1282 – Llywelyn ap Gruffudd, die laaste onafhanklike Prins van Wallis, sterf in 'n lokval naby Builth Wells. 1553 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van Ostia. 1780 – Pous Pius VI stel Paolo Francesco Antamori, verkose biskop van Orvieto, aan as kardinaal. 1792 – Koning Lodewyk XVI van Frankryk word verhoor vir verraad. 1816 – Indiana word die 19de deelstaat van die Verenigde State. 1843 – Stigting van die Spesiale Bondgenootskap van Katolieke Kantons (“Sonderbund”) binne die Switserse Bondgenootskap. Die Kantone binne nuwe bondgenootskap is: Luzern, Uri, Schwyz, Unterwalden, Zug, Freiburg en Wallis. 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Magersfontein vind plaas, een van die mees oortuigende Boere-oorwinnings in die vroeë fase van die Boere-oorlog. 1917 – Litaue verklaar sy onafhanklikheid van die Russiese Ryk. 1931 – Die Statuut van Westminster gee volkome wetlike onafhanklikheid aan Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Ierland en Newfoundland. 1936 – Edward VIII se abdikasie as koning van die Verenigde Koninkryk tree in werking. 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Italië verklaar oorlog teen die Verenigde State. 1958 – Bo-Volta verklaar onafhanklikheid van Frankryk. 1972 – Die laaste bemande maansending Apollo 17 land op die Maan. 1981 – Javier Pérez de Cuéllar van Peru word die Sekretaris-Generaal van die VN. 1994 – Boris Jeltsin stuur Russiese soldate in Tsjetsjnië in. 2001 – Volksrepubliek China sluit hom aan by die Wêreldhandelsorganisasie. 2006 – Die dwelmoorlog in Meksiko begin nadat president Felipe Calderón lede van die Meksikaanse polisie en weermag na die deelstaat Michoacán stuur.
Geboortes 1475 – Pous Leo X, die 217de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1513 tot 1521 († 1521). 1803 – Hector Berlioz, Franse komponis († 1869). 1843 – Robert Koch, bakterioloog en 1905 Nobelpryswenner († 1910). 1883 – Joseph Solomon, Suid-Afrikaanse argitek († 1920). 1911 – Naguib Mahfouz, Egiptiese skrywer, 1988 pryswenner: Nobelprys vir Letterkunde († 2006). 1918 – Aleksandr Solzhenitsyn, Russiese skrywer, 1970 Nobelpryswenner († 2008). 1937 – Adriaan Vlok, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 2023). 1954 – Susanne Beyers, Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer. 1969 – Viswanathan Anand, Indiese skaakspeler.
Sterftes 384 – Pous Damasus I, die 37ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 304). 711 – Justinianus II, keiser van die Bisantynse Ryk (* 668/9). 1241 – Ögedei Khan, tweede Groot Khan van die Mongoolse Ryk (* omstreeks 1186). 1282 – Michael VIII Palaiologos, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1223). 1953 – Albert Coates, Britse komponis (* 1882). 1920 – Olive Schreiner, Suid-Afrikaanse skrywer, pasifis, feminis en intellektuele (* 1855). 1981 – I.D. du Plessis, Afrikaanse skrywer en digter (* 1900). 2002 – Brad Dexter, Amerikaanse akteur (* 1917). 2021 – Anne Rice, Amerikaanse skryfster (* 1941).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Tangodag, Buenos Aires. Feesdag van Pous Damasus I in die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Desember