15 Desember is die 349ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (350ste in skrikkeljare). Daar volg nog 16 dae in die res van die jaar .
Gebeure
duimnael|Generaal Douglas MacArthur was die eerste opperbevelvoerder van die Geallieerde besettingsmag oor Japan. Die besetting het Augustus 1945 begin en is in April 1952 beëindig. 1124 – Teobaldo Boccapecci word gekies as Pous Celestinus II. 1386 – Pous Urbanus VI ontsnap uit die burg Nocera. Hy neem ses kardinale saam wat teen hom saamgesweer het, waarvan hy vyf terregstel toe hy aan land gaan. 1401 – Oddone Colonna (later Pous Martinus V) word administrateur van Palestina. 1788 – Pous Pius VI stel Etienne-Charles de Loménie de Brienne, aartsbiskop van Sens, Frankryk aan as kardinaal. 1828 – Pous Leo XII stel Antonio Domenico Gamberini, biskop van Orvieto en Juan Francisco Marco y Catalán, goewerneur van Rome aan as kardinale. 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Colenso vind plaas. 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Frankryk verslaan Duitsland in die Slag van Verdun. 1945 – Generaal Douglas MacArthur verbied Shinto as die amptelike godsdiens in Japan. 1958 – Giovanni Battista Montini (later Pous Paulus VI) word kardinaal. 1961 – 'n Israeli-oorlogsmisdaadtribune vonnis Adolf Eichmann met die doodstraf vir sy aandeel in die Joodse volksmoord. 1969 – Albino Luciani (later Pous Johannes Paulus I) word patriarg van Venesië. 2013 – Nelson Mandela word op sy geboortedorp, Qunu, begrawe.
Geboortes
37 – Nero, Romeinse keiser († 68). 130 – Lucius Verus, Romeinse keiser († 169). 1832 – Alexandre Gustave Eiffel, Franse ingenieur († 1923). 1854 – John Daniel Kestell, Suid-Afrikaanse Bybelvertaler, skrywer en kultuurleier († 1941). 1859 – L. L. Zamenhof, ontwikkelaar van Esperanto († 1917). 1883 – Ds. Pieter Willem Bingle, predikant in 2 Gereformeerde kerke, nl. Colesberg en Venterstad. († 1923) 1888 – Jan Greshoff, Nederlandse digter († 1971). 1907 – Oscar Niemeyer, Brasiliaanse argitek († 2012). 1926 – Dolf Bekker, Springbokrugbyspeler († 2012). 1930 – B.P.J. Erasmus, Suid-Afrikaanse skrywer († 2012). 1948 – Cassandra Harris, Amerikaanse aktrise († 1991). 1953 – Randy Parton, Amerikaanse akteur († 2021). 1956 – Tony Leon, Suid-Afrikaanse opposisieleier. 1985 – Desiré Gardner, Suid-Afrikaanse aktrise.
Sterftes 1025 – Basilius II, keiser van die Bisantynse Ryk (* 958). 1263 – Koning Haakon IV van Noorweë (* 1204). 1675 – Johannes Vermeer, 'n Nederlandse skilder (* 1632). 1691 – Hendrik Adriaan van Reede tot Drakestein, krygsman en administratiewe beampte van die VOC (* 1636). 1811 – Johannes Theodorus van der Kemp, Nederlandse militêre offisier, dokter en sendeling van die Londense Sendinggenootskap (* 1747). 1912 – Sir Thomas Scanlen, eerste minister van die Kaapkolonie (* 1834). 1958 – Wolfgang Pauli, Oostenrykse teoretiese fisikus (* 1900). 1959 – Dr. Louis Viljoen Rex, predikant in die NG Kerk, aktuarius van die Sinode Hoëveld (* 1907). 1966 – Walt Disney, animeerder, sketskunstenaar (* 1901). 1991 – Wasili Zaitsef, bekende Sowjet-sluipskutter (* 1915). 2006 – Clay Regazzoni, Switserse motorrenjaer (* 1939). 2009 – Henriette Grové, Afrikaanse skrywer (* 1922).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Feesdag van Sint Valeriaan, wat 'n marteldood gesterf het in 457. Koninkryksdag (Nederland)
Kategorie:Desember