19 Desember is die 353ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (354ste in skrikkeljare). Daar volg nog 12 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1187 – Pous Clemens III volg Pous Gregorius VIII op. 1333 – Die sienings van Pous Johannes XXII oor die lewe na die dood word veroordeel deur 'n vergadering van teoloë by die Universiteit van Parys. 1406 – Pous Gregorius XII in Rome gekroon. 1449 – Pous Nicolaas V stel Jean d' Arci aartsbiskop van Tarentaise, Louis de La Palud de Varembon O.S.B. biskop van Maurienne en Guillaume Huin d' Estaing aartsdeken van Metz, aan as kardinale. 1539 – Pous Paulus III stel nog 12 nuwe kardinale aan waaronder Marcello Cervini (later Pous Marcellus II). 1544 – Pous Paulus III stel nog 13 nuwe kardinale aan waaronder Francesco Sfondrati, vader van die latere Pous Gregorius XIV. 1590 – Pous Gregorius XIV stel sy neef Paolo Emilio Sfondrati aan as kardinaal. 1650 – Pous Innocentius X verklaar Sint Giovanni van Capistrano salig. 1735 – Pous Clemens XII stel Luis Antonio Jaime de Borbón y Farnesio, kroonprins van Spanje aan as kardinaal. Die prins is agt jaar oud. 1738 – Pous Clemens XII stel Silvio Valenti Gonzaga, titulêr aartsbiskop van Nicea aan as kardinaal. 1961 – Die Indiese weermag val die Portugese kolonie Goa in. 1972 – Apollo 17 plons in die Stille Oseaan neer. Dit bring tot ’n einde die maanverkenningsprogram van die Verenigde State. 1984 – Die Volksrepubliek China en die Verenigde Koninkryk teken die Sino-Brits Gesamentlike Verklaring, waarin ooreengekom word om soewereiniteit van Hongkong aan China oor te dra op 1 Julie 1997. 1989 – Vakbondleiers besoek Nelson Mandela in die Victor Verster-gevangenis vir samesprekings en sê dat hy bereid is tot sy ontslag, maar nie daarom sal soebat nie. 1998 – Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stel beskuldigingsartikels in teen president Bill Clinton as gevolg van die Monica Lewinsky-skandaal. 2009 – Pous Benedictus XVI verklaar sy voorganger Pous Pius XII eerwaardig. 2013 – Die Gaia-ruimteteleskoop word lanseer.
Geboortes 1792 – Andries Hendrik Potgieter, leier van die tweede groot trekgeselskap wat die Kaapkolonie verlaat het († 1852). 1824 – Sir Hercules Robinson, Britse goewerneur van die Kaapkolonie († 1897). 1853 – Ds. Daniël Jozua Pienaar, leier in die NG Kerk en onderwysman († 1926). 1865 – Minnie Maddern Fiske, Amerikaanse aktrise en dramaturg († 1932). 1873 – Agnieta Gijswijt, Nederlandse skilder († 1962). 1888 – Fritz Reiner, Amerikaanse dirigent († 1963). 1902 – Ralph Richardson, Engelse akteur († 1983). 1915 – Édith Piaf, Franse sangeres († 1963). 1924 – Gary Morton, Amerikaanse komediant en vervaardiger († 1999). 1924 – Cicely Tyson, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2021). 1927 – Dirk Kotzé, Suid-Afrikaanse geskiedkundige († 1992). 1932 – Wayne Tippit, Amerikaanse akteur († 2009). 1941 – Lee Myung-bak, Suid-Koreaanse politikus. 1944 – Tim Reid, Amerikaanse akteur. 1945 – Elaine Joyce, Amerikaanse aktrise, sanger en danseres. 1946 – Robert Urich, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2002). 1952 – Douw Steyn, Suid-Afrikaanse miljardêr-sakeman († 2025). 1958 – Steven Isserlis, Britse tjellis. 1960 – Mike Lookinland, Amerikaanse akteur. 1963 – Jennifer Beals, Amerikaanse model en aktrise. 1963 – Til Schweiger, Duitse akteur, regisseur en vervaardiger. 1964 – Béatrice Dalle, Franse aktrise. 1968 – Ken Marino, Amerikaanse akteur, vervaardiger en skrywer. 1970 – Tyson Beckford, Amerikaanse model en akteur. 1972 – Alyssa Milano, Amerikaanse aktrise. 1980 – Jake Gyllenhaal, Amerikaanse akteur. 1980 – Marla Sokoloff, Amerikaanse aktrise en musikant.
Sterftes 401 – Pous Anastasius I, die 39ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1111 – Al-Ghazali, Islamitiese teoloog, regsgeleerde en filosoof van Persiese afkoms (* 1058). 1370 – Pous Urbanus V, die 200ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1310). 1741 – Vitus Bering, Deense ontdekkingsreisiger (* 1681). 1848 – Emily Brontë, Engelse skrywer en outeur van die roman Wuthering Heights (* 1818). 1874 – Frans Rens, Vlaamse skrywer (* 1805). 1942 – Genl. Dan Pienaar, wat in die Tweede Wêreldoorlog die 1ste SA Divisie in die westelike Sahara aangevoer het, sterf in 'n vliegramp naby die Victoriameer (* 1893). 1955 – Jackie Powell, Suid-Afrika se sewende Springbokkaptein (* 1871). 2015 – Kurt Masur, Duitse dirigent (* 1927). 2025 – James Ransone, Amerikaanse akteur (* 1979).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae Feesdag van Pous Anastasius I in die Rooms-Katolieke Kerk. Feesdag van Pous Urbanus V voordat dit deur die tweede Vatikaanse konsilie na 6 November geskuif is.
Kategorie:Desember