2 Januarie is die tweede dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 363 dae in die res van die jaar (364 in skrikkeljare).

Gebeure 366 – Die Allemanne kruis die bevrore Rynrivier in groot getalle om die Romeinse Ryk in te val. 533 – Mercurius word Pous Johannes II, die eerste pous wat ’n nuwe naam aanneem ná sy inwyding. 1492 – Rodrigo Borgia (later Pous Alexander VI) vier die verowering van Grenada met ’n stiergeveg in Rome. 1666 – Daar word begin met die bou van die Kasteel die Goeie Hoop. 1757 – Die Verenigde Koninkryk neem Kalkutta, in Indië in. 1788 – Georgia word die 4de deelstaat van die Verenigde State. 1793 – Rusland en Pruise skei Pole in twee. 1870 – Konstruksie van die Brooklyn-brug in New York begin. 1871 – Amadeus I word die koning van Spanje. 1921 – Die eerste radio-uitsending van godsdienstige aard vind plaas vanuit Pittsburgh, Pennsilvanië. 1929 – Kanada en die Verenigde State beraam saam ’n plan om die Niagara-watervalle te bewaar. 1935 – Die hofsaak van Bruno Hauptmann, aangekla van die moord op Charles Lindbergh Junior, die babaseun van die vlieënier Charles Lindbergh, begin. 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Manila word deur Japannese magte ingeneem. 1949 – Luis Muñoz Marín word die eerste demokraties-verkose goewerneur van Puerto Rico. 1955 – Die president van Panama, Jose Antonio Remon sterf in ’n sluipmoordaanval. 1967 – Ronald Reagan word ingehuldig as goewerneur van Kalifornië. 1981 – Peter Sutcliffe, die Yorkshire Ripper, word arresteer. 1991 – Sharon Pratt Dixon word ingehuldig as burgemeester van Washington, DC, die eerste swart vrou om ’n stad van sulke grootte en belang te lei. 1998 – Rusland begin om nuwe roebels te versprei, om inflasie teë te werk en sakevertroue te herstel. 2016 – Nimr al-Nimr, Saoedi-Arabiese Sjiïtiese sjeik word saam met 44 ander ter dood veroordeelde Saoedies tereggestel.

Geboortes 1642 – Mehmet IV, sultan van die Ottomaanse Ryk († 1693). 1822 – Rudolf Clausius, Duitse fisikus en wiskundige († 1888). 1851 – Isidoor Teirlinck, Vlaamse skrywer († 1934). 1851 – Charles Eugène Bertrand, Franse plantkundige, paleobotanis en geoloog († 1917). 1885 – Boy Morkel, Suid-Afrika se dertiende Springbokkaptein († 1955). 1886 – Florence Lawrence, Kanadese aktrise († 1938). 1892 – Artur Rodziński, Poolse dirigent van opera en simfoniemusiek († 1958). 1920 – Isaac Asimov, Amerikaanse skrywer en professor in biochemie († 1992). 1940 – Louise Smit, Suid-Afrikaanse skrywer van kinderboeke en kindertelevisieprogramme. 1966 – Siobhan Finneran, Britse aktrise. 1967 – Francois Pienaar, Suid-Afrika se twee-en-veertigste Springbokkaptein. 1968 – Cuba Gooding Jr., Amerikaanse akteur. 1970 – Fanie Viljoen, Afrikaanse skrywer en kunstenaar. 1975 – Dax Shepard, Amerikaanse akteur. 1982 – Ricky Januarie, Springbokrugbyspeler.

Sterftes 1950 – Emil Jannings, 'n Duitse/Oostenrykse en Amerikaanse akteur en die eerste persoon wat ’n Oscar gewen het (* 1884). 1966 – Chris van Niekerk, kommandant in die Tweede Vryheidsoorlog, volksraadlid en senator (* 1876). 1995 – Mohamed Siad Barre, Somaliese politikus en staatsman, president van Somalië (* 1919).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Die negende dag van Kersfees, gevier in sommige Westerse Christelike lande. Skotland - Die tweede dag van die Hogmanay-vakansiedag. Feesdag van Pous Silvester I in die Ortodokse Kerk ( 31 Desember in die Rooms-Katolieke Kerk.)

Kategorie:Januarie