25 Desember is Kersdag, die 359ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (360ste in skrikkeljare). Daar volg nog 6 dae in die res van die jaar.
duimnael|regs|180px|Tradisionele Kersfeesversierings. regs|duimnael|180px|Lekkergoedkieries is 'n gewilde Kersversnapering en word ook dikwels as kersversiering gebruik.
Gebeure 274 – Keiser Aurelianus wy 'n tempel aan Sol Invictus, die god van die nuwe staatsgodsdiens, wie se feesdag dit is. 800 – Pous Leo III kroon Karel die Grote as keiser, 'n titel wat nie in die Weste gebruik is sedert die troonafstand van Romulus Augustulus in 476 nie. 875 – Pous Johannes VIII kroon Karel die Kale tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk. 967 – Pous Johannes XIII kroon Otto II tot medekeiser. 968 – Pous Johannes XIII wy Adelbert as die eerste aartsbiskop van Maagdenburg. 1003 – Pous Johannes XVIII volg Pous Johannes XVII op. 1012 – Keiser Hendrik II set Teenpous Gregorius VI af. 1066 – Willem die Veroweraar word in die Westminster-abdy tot koning van Engeland gekroon. 1497 – Vasco da Gama ontdek Durban se natuurlike hawe. 1559 – Pous Pius IV volg Pous Paulus IV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1644 – Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X) word nuntius in Napels. 1655 – Christina, koningin van Swede word plegtig in die Rooms-Katolieke Kerk opgeneem, nadat sy die Protestantisme verlaat het en geabdikeer het. 1750 – Pous Benedictus XIV publiseer "Benedictus Deus" waarin 'n algemene aflaat aangekondig word. 1775 – Pous Pius VI publiseer "Inscrutabile" oor die probleme van sy pontifikaat en "Summa Dei" oor die afsluiting van die jubileum-jaar. 1776 – Slag van Trenton: George Washington steek die Delawarerivier oor en oorwin die Hesse. 1825 – Pous Leo XII publiseer "Charitate Christi" oor die uitbreiding van die 1825 Jubileum na die hele Kerk. 1850 – Juanasburg word verwoes deur die Gaikas-stamme tydens die Agtste Grensoorlog. 1868 – Die Republiek van Ezo word gestig in Hokkaido deur rebelle getrou aan die onttroonde Tokugawa shogunaat. 1991 – Michail Gorbatsjof bedank as president van die Sowjetunie. 2021 – Die James Webb-ruimteteleskoop word lanseer. 2024 – Azerbaijan Airlines-vlug 8243 stort neer naby Aqtau Internasionale Lughawe, Kasakstan, met 62 passasiers en 5 bemanningslede aan boord. 2025 – Amerikaanse president Donald Trump magtig aanvalle teen Islamitiese Staat-militante in noordwes-Nigerië.
Geboortes 1250 – Johannes IV Laskaris, keiser van die Niceense Ryk († ca 1305). 1709 – Julien Offray de Lamettrie, Franse arts en filosoof († 11 November 1751). 1717 – Giovanni Angelo Braschi (later Pous Pius VI) († 1799). 1861 – Sam Allen, Amerikaanse akteur († 1934). 1878 – Louis Chevrolet, Switsers-Amerikaanse renjaer en sakeman, stigter van Chevrolet († 1941). 1889 – Sarah Goldblatt, Suid-Afrikaanse joernalis en onderwyseres († 1975). 1899 – Humphrey Bogart, Amerikaanse akteur († 1957). 1906 – Ernst Ruska, Duitse elektriese ingenieur wat die elektronmikroskoop uitgevind het († 1988). 1914 – Marais Steyn, Suid-Afrikaanse politikus († 1998). 1918 – President Anwar Sadat van Egipte († sluipmoord in 1981). 1927 – Jan Pickard, Suid-Afrikaanse rugbyspeler († 1998). 1927 – Ram Narayan, Indiese musikant. 1954 – Ragheed al-Tatari, voormalige politieke gevangene in Sirië. 1959 – Thandi Modise, Suid-Afrikaanse ANC-politikus, voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering. 1969 – Lili Haydn, Kanadese aktrise en komponis. 1982 – Konstantin Kisin, Britse politieke kommentator, skrywer en podsendingaanbieder.
Sterftes 795 – Pous Adrianus I, 95ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 820 – Leo V, keiser van die Bisantynse Ryk (* 775). 1635 – Samuel de Champlain, Franse ontdekker, navorser, pionier en eerste goewerneur van Nieu-Frankryk, Kanada (* 1567). 1845 – Wilhelm Friedrich Ernst Bach, Duitse komponis (* 1759). 1977 – Charlie Chaplin, Britse akteur, skrywer en rolprentvervaardiger (* 1889). 1983 – Joan Miró, Spaans-Katalaanse skilder (* 1893). 1992 – Helen Joseph, Suid-Afrikaanse vroueregte-aktivis (* 1905). 1995 – Emmanuel Levinas, Franse filosoof (* 1906). 1995 – Dean Martin, Amerikaanse akteur, sanger en komediant (* 1917). 2000 – Willard Van Orman Quine, Amerikaanse filosoof (* 1908). 2006 – James Brown, Amerikaanse musikant, sanger en liedjieskrywer sanger (* 1933) 2010 – Hendrik van Blerk, Afrikaanse skrywer en digter (* 1915). 2011 – J.C. Kannemeyer, Afrikaanse skrywer en biograaf (* 1939). 2016 – George Michael, Britse popster (* 1963). 2017 – Willie Toweel, voormalige Suid-Afrikaanse bokskampioen (* 1934).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Kersfees word as die geboortedag van Christus op hierdie dag herdenk
Kategorie:Desember