22 Desember is die 356ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (357ste in skrikkeljare). Daar volg nog 9 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1216 – Pous Honorius III keur die Orde van die Dominikane goed in die bul "Relegiosam vitam". 1285 – Pous Honorius IV maak sy nefie Giovanni Bocamazza, aartsbiskop van Monreale, 'n kardinaal. 1536 – Pous Paulus III stel 11 nuwe kardinale aan waaronder Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) en Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III). 1553 – Pous Julius III stel nog vier nuwe kardinale aan. 1670 – Pous Clemens X stel drie nuwe kardinale aan waaronder Federico Borromeo. 1741 – Pous Benedictus XIV publiseer "Immensa Pastorum principis" teen die verslawing van die Amerikaanse volke. 1808 – Ludwig van Beethoven gee vir die eerste keer 'n opvoering van sy Vyfde Simfonie in Wene. 1853 – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word kardinaal-priester van San Crisogono. 1907 – Giacomo della Chiesa (later Pous Benedictus XV) word aartsbiskop van Bologna. 1938 – Die eerste selakant word gevind deur Marjorie Courtenay-Latimer in Oos-Londen. 1951 – Die eerste Dusi-kanowedvaart vind plaas. 1987 – Robert Mugabe word President van Zimbabwe, nadat hy sedert 1980 die Eerste Minister van Zimbabwe was. 1990 – Ontstaan van die outonome republiek Mari El in die Russiese Federasie. 2001 – Burhanuddin Rabbani van die Noordelike Alliansie handig mag in Afghanistan oor aan die tussentydse regering gelei deur Hamid Karzai.

Geboortes 244 – Diocletianus, die 51ste Romeinse Keiser († 311). 1723 – Karl Friedrich Abel, Duitse komponis van die klassieke era († 1787). 1858 – Giacomo Puccini, 'n Italiaanse komponis van hoofsaaklik operamusiek († 1924). 1942 – De Villiers Lamprecht, Suid-Afrikaanse atleet en die eerste Suid-Afrikaner wat 'n droommyl kon hardloop († 2024). 1942 – Barrie Biermann, Suid-Afrikaanse argitek († 1991). 1959 – Johann de Lange, Afrikaanse digter († 2025). 1960 – Jean-Michel Basquiat, Amerikaanse kunstenaar († 1984). 1970 – Ted Cruz, Amerikaanse Republikeinse senator vir Texas.

Sterftes 69 – Vitellius, was vir kort keiser van die Romeinse Ryk in die jaar van vier keisers (* 15). 1880 – George Eliot (pennaam van Mary Anne Evans), Engelse skrywer, joernalis en vertaler (* 1819). 1939 – Sarie Maré, die vrou oor wie die eerste versie van die volksliedjie “Sarie Marais” handel (* 1869). 1941 – Leopoldo Mugnone, Italiaanse dirigent van veral operamusiek (* 1858). 1942 – Harro Schulze-Boysen, Duitse anti-Nazi weerstandaktivis (* 1909). 1989 – Samuel Beckett, Ierse skrywer (* 1906). 2014 – Joe Cocker, Engelse sanger (* 1944). 2017 – Carl Walter Meyer, Suid-Afrikaanse skilder (* 1965). 2025 – Chris Rea, Engelse rock- en blues sanger-liedjieskrywer en kitaarspeler (* 1951).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae

Kategorie:Desember