24 Desember is die 358ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (359ste in skrikkeljare). Daar volg nog 7 dae in die res van die jaar.
duimnael|180px|regs|Oukersaand (Julaftonen) geskilder deur Carl Larsson. duimnael|180px|regs|Reginald Fessenden maak die eerste radiouitsending.
Gebeure 312 – Pous Achilles van Alexandrië volg Petrus I as Patriarg van die Kerk in Alexandrië op. 640 – Pous Johannes IV volg Pous Severinus op. 1046 – Pous Clemens II volg Pous Gregorius VI op. 1294 – Pous Bonifatius VIII volg Pous Celestinus V op. 1468 – Kardinaal Francesco Todeschini Piccolomini (later Pous Pius III) ontvang keiser Frederik III aan die poorte van Rome. 1687 – Pous Innocentius XI plaas 'n interdik op die kerk van Sint Lodewyk in Rome. 1717 – Die Kersvloed vind plaas langs die Noordseekus. 1726 – Die goewerneur van Buenos Aires stig Montevideo. 1777 – Kersfeeseiland, die oudste atol in die wêreld, word deur Kaptein James Cook besoek. 1801 – Die liggaam van Pous Pius VI word van Valence na Rome geneem. 1865 – Die Ku Klux Klan word deur veterane van die Amerikaanse Burgeroorlog gestig. 1906 – Reginald Fessenden saai die eerste radio uitsending ooit uit. 1914 – Britse en Duitse soldate onderbreek die Eerste Wêreldoorlog om Kersfees te vier, en begin só die Kersvrede. 1951 – Libië word van Frankryk en die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1974 – Sikloon Tracy verwoes meeste van Darwin, Australië. 2022 – Die Boksburg-ontploffing. 'n Brandstoftenkwa met petroleumgas ontplof onder 'n spoorwegbrug. 34 mense sterf.
Geboortes 3 v.C. – Servius Galba Romeinse keiser († 69). 1166 – Jan sonder Land, koning van Engeland († 1216). 1798 – Adam Mickiewicz, Pools-Litause digter († 1855). 1818 – James Prescott Joule, Engelse fisikus († 1889). 1822 – Piet Potgieter, kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1854) 1852 – Carl George Klibbe, Stigter en Apostel van die Ou Apostoliese Kerk († 1931). 1868 – Emanuel Lasker, Duitse skaakspeler († 1941). 1869 – Henriette Roland Holst, Nederlandse digteres († 1952). 1905 – Howard Hughes, vliegpionier en filmregisseur († 1976). 1906 – Anna Neethling-Pohl, Suid-Afrikaanse aktrise († 1992). 1906 – James Hadley Chase, Engelse skrywer († 1985). 1922 – Ava Gardner, Amerikaanse aktrise († 1990). 1931 – Marié Blomerus, Afrikaanse skrywer en digter. 1936 – Pieter Spaarwater, rubriekskrywer, motorredakteur en omroeper († 2020). 1940 – Sharon Farrell, Amerikaanse aktrise († 2023). 1945 – Lemmy, Britse musikant († 2015). 1955 – David Rothkopf, Amerikaanse skrywer, ontleder en kommentator oor buitelandse beleid, nasionale veiligheid en politieke sake. 1969 – Sean Cameron Michael, Suid-Afrikaanse akteur. 1969 – Ed Miliband, Britse politikus. 1971 – Ricky Martin, Amerikaanse sanger.
Sterftes 1524 – Vasco da Gama, Portugese ontdekkingsreisiger (* 1519). 1935 – Alban Berg, Oostenrykse komponis van die Tweede Weense Skool (* 1885). 1938 – Bruno Taut, Duitse argitek en stadsbeplanner (* 1880). 1972 – Melville Ruick, Amerikaanse akteur (* 1898). 1978 – Aletta Coetzee, eggenote van prof. J. Chris Coetzee (* 1894). 1980 – Karl Dönitz, Duitse admiraal tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1891). 2011 – Johannes Heesters, Nederlands-Duitse akteur en sanger (* 1903). 2012 – Jack Klugman, Amerikaanse akteur (* 1922). 2022 – Boet Troskie, Suid-Afrikaanse sakeman en rolprentvervaardiger (* 1936).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Oukersaand, die aand/dag voor Kersdag. Fees van die heiliges Adam en Eva.
Kategorie:Desember