17 Desember is die 351ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (352ste in skrikkeljare). Daar volg nog 14 dae in die res van die jaar . Gebeure
283 – Pous Gajus volg Pous Eutichianus op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 384 – Pous Siricius volg Pous Damasus I op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1456 – Pous Callixtus III stel 6 kardinale aan waaronder Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II). 1537 – Pous Paulus III plaas koning Hendrik VIII onder 'n interdik, wat aanleiding gee tot die totstandkoming van die Anglikaanse Kerk. 1652 – Jan van Riebeeck ontdek die komeet C/1652 Y1. 1703 – Pous Clemens XI stel Francesco Pignatelli, aartsbiskop van Napels aan as kardinaal. 1777 – Frankryk word die eerste nasie wat die Verenigde State van Amerika as nasie erken. 1785 – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII) word priester gewy. 1832 – Giovanni Maria Mastai-Ferretti (later Pous Pius IX) word aartsbiskop-biskop van Imola. 1837 – 'n Brand breek in die Winterpaleis in Sint Petersburg uit, wat groot dele van die gebou verwoes. 1862 – Generaal Ulysses S. Grant verban Jode uit Tennessee, Mississippi, en Kentucky. 1903 – Die eerste aangedrewe vlug deur die Wright-broers vind plaas. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Britse bomwerpers val die stad Basel in Switserland aan. Aansienlike skade word aangerig en 4 persone sterf. Switserland was 'n neutrale staat tydens die Tweede Wêreldoorlog. 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Malmedy-menseslagting: Waffen-SS troepe vuur met masjiengewere op omtrent 150 ongewapende krygsgevangenes naby Malmedy, België. 1967 – Harold Holt, die Eerste Minister van Australië (gebore 1908) verdwyn terwyl hy naby Portsea, Victoria swem. Dit word aanvaar dat hy verdrink het. 1969 – Die Amerikaanse Lugmag kondig aan dat sy vlieënde-pieringondersoeke geen getuienis ontbloot het oor die bestaan van 'n buite-aardse ruimtetuig nie. 1973 – Die Amerikaanse Psigiatrievereniging verwyder homoseksualiteit van sy lys van geestesversteurings. 1977 – Victoria Falls in Rhodesië word met mortiere aangeval vanuit Zambië; 8 persone beseer.
Geboortes duimnael|regs|190px|Marlise Joubert.
1840 – Sir John Fraser, Suid-Afrikaanse staatsman († 1927). 1873 – Ford Madox Ford, Engelse romansier, digter, kritikus en redakteur († 1939). 1900 – Koos Strauss, leier van die Verenigde Party en kabinetsminister († 1990). 1905 – Simo Häyhä, Finse soldaat en waarskynlik die suksesvolste sluipskutter van alle tye († 2002). 1908 – William Wordsworth, Britse komponis en nasaat van die broer van die bekende Engelse digter William Wordsworth († 1988). 1929 – Nellie du Toit, Suid-Afrikaanse liriese sopraan († 2018). 1933 – Edmond Schietekat, Vlaamse digter († 1981). 1936 – Jorge Mario Bergoglio (later Pous Franciscus), 266ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 2025). 1938 – Peter Snell, Nieu-Seelandse middelafstandatleet († 2019). 1942 – Muhammadu Buhari, tweemalige President van Nigerië († 2025). 1944 – Bernard Hill, Engelse akteur in Titanic († 2024). 1945 – Marlise Joubert, Afrikaanse skrywer en digter. 1975 – Milla Jovovich, Amerikaanse aktrise. 1992 – Quinton de Kock, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
Sterftes 248 – Pous Herakles van Alexandrië 13de patriarg van die Kerk in Alexandrië (* onbekend). 1187 – Pous Gregorius VIII, die 173ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1110). 1645 – Nur Jahan, keiserin van die Mogolryk van Indië (* 1577). 1830 – Simón Bolívar, Venezolaanse vryheidsvegter en politieke leier (* 1783). 1909 – Koning Leopold II van België (* 1835). 1922 – Ds Abraham Isaac Steytler, invloedryke leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1840). 1923 – Folkert Wilko Hesse, Suid-Afrikaanse argitek van Nederlandse herkoms (* 1855). 1989 – C.F. Beyers-Boshoff, Afrikaanse skrywer (* 1926). 2011 – Cesária Évora volksangeres van Kaap Verde (* 1941). 2018 – Penny Marshall, Amerikaanse aktrise (* 1943). 2025 – Hans van Manen, Nederlandse balletdanser en choreograaf (* 1932).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Nasionale Dag in Bhoetan Die Saturnalia-fees, ter ere van Saturnus begin. Feesdag van Pous Herakles van Alexandrië volgens die Kopties-Ortodokse Kerk
Verwysings
Kategorie:Desember