18 Desember is die 352ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (353ste in skrikkeljare). Daar volg nog 13 dae in die res van die jaar.

Gebeure 1303 – Pous Benedictus XI bevorder Niccolò Alberti OP tot kardinaal. 1327 – Pous Johannes XXII bevorder Jacques Fournier (later Pous Benedictus XII) tot kardinaal van Sint Prisque. 1352 – Pous Innocentius VI volg Pous Clemens VI op. 1389 – Pous Bonifatius IX bevorder Cosimo de' Migliorati (later Pous Innocentius VII) tot kardinaal-priester van Santa Croce in Gerusalemme. 1431 – Pous Eugenius IV skort die konsilie van Basel op. Die deelnemers is nie tevrede nie. 1456 – Pous Callixtus III bevorder Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II) tot kardinaal. Ander bronne gee 17 Desember. 1461 – Pous Pius II stel ses nuwe kardinale aan, waaronder sy aangenome seun Giacomo Ammannati Piccolomini. 1506 – Pous Julius II stel drie nuwe kardinale aan, al drie uit Frankryk. 1534 – Pous Paulus III stel sy kleinseuns Alessandro Farnese (14) en Guido Ascano Sforza (16) aan as kardinale. 1585 – Pous Sixtus V stel agt nuwe kardinale aan waaronder Ippolito Aldobrandini (later Pous Clemens VIII). 1587 – Pous Sixtus V stel nog agt kardinale aan waaronder Scipione Gonzaga, patriarg van Jerusalem. 1591 – Pous Innocentius IX stel twee nuwe kardinale aan, waaronder sy kleinneef Giovanni Antonio Facchinetti, junior. 1596 – Pous Clemens VIII stel Philipp Wilhelm von Bayern aan as kardinaal. 1754 – Pous Benedictus XIV stel Luis Antonio Fernández de Córdoba Portocarrero, deken van die metropolitaanse katedraal van Toledo, Spanje aan as kardinaal. 1786 – Pous Pius VI stel sy neef Romoaldo Braschi-Onesti, prefek van die Apostoliese Paleis, aan as kardinaal. 1787 – New Jersey word die 3de deelstaat van die Verenigde State. 1818 – Giovanni Maria Mastai-Ferretti (later Pous Pius IX) word georden as subdiaken. 1865 – Slawerny in die Verenigde State word afgeskaf met die aanvaarding van die dertiende wysiging van die Amerikaanse grondwet. 1892 – Die eerste opvoering van die Russiese komponis Pjotr Tsjaikofski se ballet, Die Neutekraker, word in Sint Petersburg gehou. 1923 – Suid-Afrika se eerste radiouitsending vind plaas. 1929 – Die FAK word in Bloemfontein gestig. 1934 – Die NG gemeente Bellville, moedergemeente van al die NG gemeentes in dié stadsdeel, stig af van die NG gemeente Durbanville. 1972 – Die Verenigde State begin die swaarste bombardering van Noord-Viëtnam tydens die Viëtnamoorlog. Die bombardering kom 12 dae later tot ’n einde. 1987 – Die programmeertaal Perl word deur Larry Wall vrygestel. 1988 – Australië wen die vierde Vrouekrieketwêreldbeker in Australië. 2022 – Argentinië wen die 22ste Sokker-Wêreldbekertoernooi in Katar.

Geboortes 1392 – Johannes VIII Palaiologos, die tweede laaste keiser van die Bisantynse Ryk († 1448). 1878 – Josef Stalin, sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie se sentrale komitee en 4de premier van die Sowjetunie († 1953). 1879 – Paul Klee, Switserse kunstenaar († 1940). 1888 – Gladys Cooper, Engelse aktrise en sanger († 1971). 1899 – Peter Zapffe, Noorse metafisikus, skrywer, kunstenaar, prokureur en bergklimmer († 1990). 1904 – George Stevens, Amerikaanse regisseur, vervaardiger en kinematograaf († 1975). 1908 – Celia Johnson, Engelse aktrise († 1982). 1913 – Willy Brandt, Duitse politikus, 4de kansellier van Duitsland, Nobelpryswenner († 1992). 1916 – Betty Grable, Amerikaanse aktrise, sanger en danseres († 1973). 1917 – Ossie Davis, Amerikaanse aktivis († 2005). 1939 – Stoffel van der Merwe, Suid-Afrikaanse professor en politikus. 1942 – Samuel Sitta, Tanzaniese politikus († 2016). 1946 – Steve Biko, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis († 1977). 1946 – Steven Spielberg, Amerikaanse rolprentvervaardiger. 1949 – Dawie Malan, Suid-Afrikaanse akteur en toneelregisseur († 1988). 1954 – Ray Liotta, Amerikaanse akteur († 2022). 1963 – Brad Pitt, Amerikaanse akteur. 1963 – Pierre Nkurunziza, Burundese soldaat en politikus, president van Burundi († 2020). 1966 – Debbie Schäfer, Suid-Afrikaanse politikus, gewese Wes-Kaapse minister van onderwys. 1968 – Casper Van Dien, Amerikaanse akteur. 1978 – Katie Holmes, Amerikaanse aktrise. 1989 – Hlanganani Gumbi, Suid-Afrikaanse politikus, parlementslid vir die DA. 2001 – Billie Eilish, Amerikaanse sangeres.

Sterftes 1645 – Nur Jahan, keiserin van die Mogolryk van Indië (* 1577). 1737 – Antonio Stradivari, bekende Italiaanse vervaardiger van strykinstrumente soos viole, tjellos, kitare, altviole en harpe (* 1644). 1831 – Willem Bilderdijk, Nederlandse geskiedkundige, digter en advokaat (* 1756). 1968 – Giovanni Messe, Italiaanse generaal en politikus (* 1883). 1971 – Diana Lynn, Amerikaanse aktrise (* 1926). 1982 – Hans-Ulrich Rudel, Duitse kolonel en meesgedekoreerde bobaasvlieënier (* 1916). 1940 – Louise Willy, Franse kabaretkunstenaar, teater- en rolprentaktrise (* 1875). 1989 – Will Hickey, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1909). 1990 – Anne Revere, Amerikaanse aktrise (* 1903). 1990 – Paul Tortelier, Franse tjellis en komponis (* 1914). 1993 – Sam Wanamaker, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1919). 1994 – Lilia Skala, Oostenryks-Amerikaanse aktrise (* 1896). 1997 – Chris Farley, Amerikaanse komediant en akteur (* 1964). 2001 – Gilbert Bécaud, Franse sanger-liedjieskrywer, pianis en akteur (* 1927). 2006 – Bertie Reed, Suid-Afrikaanse seiljagvaarder (* 1943). 2008 – Majel Barrett, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1932). 2011 – Václav Havel, Tsjeggiese digter, dramaturg en politikus, eerste President van die Tsjeggiese Republiek (* 1936). 2016 – Zsa Zsa Gabor, Hongaars-Amerikaanse aktrise en sosiale vlinder (* 1917). 2019 – Claudine Auger, Franse aktrise (* 1941).

Verwysings

Kategorie:Desember