16 Desember is die 350ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (351ste in skrikkeljare). Daar volg nog 15 dae in die res van die jaar.
duimnael|regs|Uitbeelding van die Slag van Bloedrivier. duimnael|regs|Die seremoniële ysterwaens met koperbeslag by die Bloedriviermonument in KwaZulu-Natal.
Gebeure
850 – Kardinaal Anastasius word afgeset deur die sinode van Rome. 882 – Pous Marinus I volg Pous Johannes VIII op. 955 – Pous Johannes XII volg Pous Agapetus II op. 965 – Die volk van Rome neem Pous Johannes XIII gevange. 1246 – Pous Innocentius IV verklaar Edmund Rich, aatrsbiskop van Kantelberg, heilig. 1446 – Tommaso Parentucelli (later Pous Nicolaas V) word bevorder tot kardinaal-priester van Santa Susanna. 1464 – Kardinaal Rodrigo de Borja y Borja kroon Pous Paulus II. 1471 – Pous Sixtus IV stel twee van sy familielede, Pietro Riario biskop van Treviso en Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) aan as kardinaal. 1545 – Pous Paulus III stel nog 4 nuwe kardinale aan. 1641 – Pous Urbanus VIII stel twaalf nuwe kardinale aan, waaronder Virginio Orsini, ridder van die militêre orde van Johannes van Jerusalem. 1715 – Pous Clemens XI stel vier nuwe kardinale aan waaronder Niccolò Caracciolo, aartsbiskop van Capua. 1720 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII) word kardinaal-priester van S. Pietro in Vincoli. 1746 – Pous Benedictus XIV publiseer "Quermadmodum nihil" oor gebed. 1771 – Pous Clemens XIV stel Charles-Antoine de La Roche-Aymon, aartsbiskop van Reims aan as kardinaal. 1773 – Die Boston Teeparty vind plaas. 1782 – Gregorio Barnaba Chiaramonti later Pous Pius VII word aangestel as biskop van Tivoli. 1782 – Pous Pius VI stel Giuseppe Maria Capece Zurlo, Theat., biskop van Calvi en Raniero Finocchietti, ouditeur generaal van die Apostoliese Kamer, aan as kardinale. 1838 – Die Boere (Voortrekkers) verslaan Zoeloemagte in die Slag van Bloedrivier, en word vir meer as 'n honderd-en-vyftig jaar daarna in Suid-Afrika as Geloftedag gevier. 1850 – Die eerste vier skepe arriveer in Lyttelton, Nieu-Seeland en Christchurch in Nieu-Seeland word gestig. 1910 – Henri Coanda voer die eerste kort vlug in 'n vliegtuig met 'n straalmotor uit. 1913 – Die Nasionale Vrouemonument word in Bloemfontein onthul. 1929 – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word kardinaal. 1938 – Hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument in Pretoria, luisterryk ingewy op 16 Desember 1949. 1971 – Bangladesj word van Pakistan onafhanklik. 1991 – Die Verenigde Nasies keer 'n vroeëre bevinding om dat Sionisme rassisme is. 1991 – Kasakstan word van die Sowjetunie onafhanklik. 1998 – Amerikaanse en Britse magte begin om Irak met bomme te bestook nadat Irak VN-wapeninspekteurs se werk belemmer het. 1999 – Duisende sterf in modderstortings in Venezuela. 2000 – NASA kondig aan dat Ganumedes, 'n maan van Jupiter, 'n oseaan het onder sy ysige oppervlakte. regs|duimnael|250px|Ganumedes, 'n maan van Jupiter, deur die Galileo-ruimtetuig afgeneem in 1996 2011 – Rusland, Montenegro, Samoa en Vanuatu sluit aan by die Wêreldhandelsorganisasie.
Geboortes 1485 – Catharina van Aragon, Koningin van Engeland en eerste vrou van Hendrik VIII van Engeland († 1536). 1770 – Ludwig van Beethoven, Duitse komponis († 1827). 1774 – Dorothea Gosen, ’n Voortrekker wat godsdienstige gedigte geskryf het († onbekend). 1775 – Jane Austen, Engelse skrywer († 1817). 1790 – Koning Leopold I van België († 1865). 1863 – Alys Fane Trotter, Suid-Afrikaanse skryfster en kunstenares († 1962). 1905 – Piet Hein, Deense wetenskaplike, wiskundige, uitvinder, skrywer en digter († 1996). 1917 – Arthur C. Clarke, Amerikaanse wetenskapsfiksieskrywer († 2008). 1928 – Philip K. Dick, wetenskapsfiksieskrywer († 1982). 1936 – Nigel Weiss, Suid-Afrikaanse sterrekundige en wiskundige († 2020). 1946 – Benny Andersson, Sweedse sanger, liedjieskrywer, en lid van ABBA. 1963 – Tina Joemat-Pettersson, Suid-Afrikaanse ANC-politikus en kabinetsminister († 2023). 1965 – Alexander Pechtold, voormalige Nederlandse politikus van die D66-party. 1984 – Kaz McFadden, Suid-Afrikaanse akteur. 1988 – Mira Murati, Albanees-Amerikaanse sakebestuurder.
Sterftes 882 – Pous Johannes VIII, die 107de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±820). 1523 – Bernardino Lopez de Carvajal ook Teenpous Martinus IV (* 1456). 1677 – Petrus Hulsenaar, die sesde predikant wat in diens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika getree het (* 1639). 1852 – Andries Hendrik Potgieter, leier van die tweede groot trekgeselskap wat die Kaapkolonie verlaat het (* 1792). 1859 – Wilhelm Grimm, Duitse feëverhaalverteller (* 1786). 1897 – Alphonse Daudet, bekende Franse skrywer (* 1840). 1916 – Grigori Raspoetin, Russiese lekeprediker (* 1869). 1921 – Camille Saint-Saëns, Franse komponis (* 1835). 1965 – W. Somerset Maugham, Engelse skrywer (* 1874). 1980 – Harland Sanders, Amerikaanse entrepreneur en stigter van Kentucky Fried Chicken (* 1890). 1996 – Laurens van der Post, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1906). 2006 – Taliep Petersen, Suid-Afrikaanse sanger, komponis en regisseur (* 1950). 2009 – Manto Tshabalala-Msimang, Suid-Afrikaanse politikus (* 1940). 2017 – Sharon Laws, Britse professionele fietsryer (* 1974). 2025 – Warrick Stock, Suid-Afrikaanse platejoggie (DJ), radio- en televisie-aanbieder, podsendingmaker en entrepreneur (* 1985).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Nasionale Dag in Bahrein. Oorwinningsdag in Bangladesj. Onafhanklikheidsdag in Kasakstan. Stigtingsdag in Nepal. Geloftedag in Suid-Afrika (tot en met 1994). Versoeningsdag in Suid-Afrika (sedert 1994).
Kategorie:Desember