12 Desember is die 346ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender, (347ste in skrikkeljare). Daar volg nog 19 dae in die res van die jaar.

Gebeure

1254 – Pous Alexander IV volg Pous Innocentius IV op. 1406 – Pous Gregorius XII skryf 'n brief aan Teenpous Benedictus XIII met 'n voorstel dat hulle beide aftree om die Westerse Skisma te beëindig. Niks kom van die voorstel nie. 1583 – Pous Gregorius XIII stel nog 19 nuwe kardinale aan waaronder die latere pouse Pous Innocentius IX, Pous Urbanus VII, Pous Leo XI en Pous Gregorius XIV. 1667 – Pous Clemens IX stel drie nuwe kardinale aan waaronder sy neef Giacomo Rospigliosi. 1695 – Pous Innocentius XII stel 14 nuwe kardinale aan, waaronder Federico Caccia, aartsbiskop van Milaan. 1769 – Pous Clemens XIV publiseer die bul Inscrutabili Divinae Sapientiae oor die instelling van 'n Universele Jubileum. 1769 – Pous Clemens XIV publiseer die bul Cum Summi weer oor die Universele Jubileum. 1770 – Pous Clemens XIV stel Antonio Casali, goewerneur van Rome en Pasquale Acquaviva d'Aragona, president van Urbino aan as kardinale. 1787 – Pennsilvanië word die 2de deelstaat van die Verenigde State. 1901 – Guglielmo Marconi ontvang die eerste trans-Atlantiese radiosein, vanaf Poldhu Radiostasie in Cornwall, Engeland na St. John's, Newfoundland. 1913 – Die Mona Lisa word teruggevind in Florence, twee jaar nadat dit gesteel is. 1917 – In Nebraska, in die Verenigde State, stig Vader Edward J. Flanagan 'n seunsdorp as 'n plaasdorp vir balsturige seuns. 1925 – Reza Pahlavi word die Sjah en neem beheer oor van Iran. 1939 – Finland verslaan die Sowjetunie in die Slag van Tolvajärvi in hulle eerste groot oorwinning in die Winteroorlog. 1954 – Giovanni Battista Montini (later Pous Paulus VI) word aartsbiskop van Milaan. 1961 – Adolf Eichmann word skuldig bevind van Tweede Wêreldoorlogsmisdade in Israel. 1963 – Kenia word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk. 1979 – Rhodesië verander sy naam na Zimbabwe. 1991 – Lagos word deur Abuja vervang as die hoofstad van Nigerië. 1996 – Uday Hussein word ernstige verwond in 'n sluipmoordpoging. 2000 – Die hooggeregshof van die Verenigde State van Amerika beslis met 'n 5-4 stemming dat die hertelling van stembriefies in Florida, tydens die 2000-presidensiële verkiesing, gestaak moet word. 2003 – Paul Martin, Jr. word ingesweer as die 21ste Eerste Minister van Kanada. 2008 – Die ANC verloor sy hofstryd teen die naam van die wegbreekgroep onder leiding van Mosioua Lekota, die Congress of the People (COPE), in die Pretoriase hooggeregshof.

Geboortes 1216 – Giovanni Gaetano Orsini, later Pous Nicolaas III, in Rome, die 188ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1280). 1750 – Lady Anne Barnard, Skotse digteres en briefskrywer († 1825). 1821 – Gustave Flaubert, Franse skrywer († 1880). 1861 – Jan Kamp, Professor in die Nederlandse letterkunde aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. († 1924). 1863 – Edvard Munch, Noorweegse skilder († 1944). 1871 – Jackie Powell, Suid-Afrika se sewende Springbokkaptein († 1955). 1875 – Gerd von Rundstedt, Nazi-Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1953). 1890 – Gladys Steyn, Suid-Afrika se eerste vroulike advokaat († 1989). 1915 – Frank Sinatra, Amerikaanse sanger en akteur († 1998). 1915 – Freda Linde, Suid-Afrikaanse skrywer en vertaler van kinderboeke († 2013). 1919 – Matthys van Rensburg, Suid-Afrikaanse politikus († 1970). 1924 – Anna-Louize Heiberg, professor in Wysbegeerte aan die Universiteit van Natal en Afrikaanse skrywer van romans († 2013). 1937 – Connie Francis, 'n Amerikaanse aktrise († 2025). 1940 – Abe Williams, Suid-Afrikaanse politikus. 1946 – Emerson Fittipaldi, Brasiliaanse renjaer. 1970 – Jennifer Connelly, Amerikaanse aktrise.

Sterftes 1204 – Maimonides, Joodse filosoof en sterrekundige (* 1135). 1843 – Willem I van Nederland, Prins van Oranje en die eerste koning van Nederland (* 1772). 1889 – Robert Browning, Engelse digter (* 1812). 1905 – Reimond Stijns, Vlaamse skrywer (* 1850). 1913 – Menelik II, keiser van Ethiopië (* 1844). 1937 – Alfred Abel, Duitse akteur en filmregisseur (* 1879). 1956 − Justin Godart, Franse politikus (* 1871). 1961 – Hauk Aabel, Noorweegse akteur (* 1869). 1994 – Stuart Roosa, Amerikaanse lugvaartingenieur en ruimtevaarder (* 1933). 1999 – Joseph Heller, Amerikaanse skrywer (* 1923). 2003 – Danie Smuts, Suid-Afrikaanse akteur (* ~1925). 2003 – Keiko, die moordvis in die Free Willy-flieks. 2009 – Piet Uys, Springbokrugbyspeler (* 1937). 2019 – Peter Snell, Nieu-Seelandse middelafstandatleet (* 1938). 2019 – Danny Aiello, Amerikaanse akteur (* 1933). 2020 – John le Carré, Britse skrywer van rillers en spioenasieverhale (* 1931). 2024 – Annelie Botes, Afrikaanse roman-, kortverhaal- en rubriekskrywer († 1957).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Bahá'í Geloof - Die Fees van Masá'il (Vrae) - Die eerste dag van die 15de maand in die Bahá'í Kalender. Feesdag van Pous Callixtus II in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Desember