14 Desember is die 348ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (349ste in skrikkeljare). Daar volg nog 17 dae in die res van die jaar .
Gebeure duimnael|Die Mona Lisa is 'n olieverfskildery op populierhout. Die afmetings daarvan is 77 cm by 53 cm. 867 – Pous Adrianus II volg Pous Nicolaas I die Grote op. 1287 – Die Zuider Zeemuur val plat, en meer as 50 000 mense sterf. 1515 – Pous Leo X stel Adrian Gouffier de Boissy, biskop van Coutance, aan as kardinaal. 1542 – Prinses Mary Stuart word Koningin Mary I van Skotland. 1545 – Giovanni Angelo Medici (later Pous Pius IV) word aartsbiskop van Ragusa. 1588 – Pous Sixtus V stel Agostino Cusani en Francesco Maria del Monte Santa Maria aan as kardinale. 1740 – Pous Benedictus XIV verklaar Stephana de Quinzanis salig. 1772 – Pous Clemens XIV stel Leopold Ernest von Firmian, prins-biskop van Passau aan as kardinaal. 1819 – Alabama word die 22ste deelstaat van die Verenigde State. 1840 – Pous Gregorius XVI stel Lodovico Altieri, titulêr aartsbiskop van Efeso en Silvestro Belli, assessor van die Inkwisisie aan as kardinale. 1896 – Die Glasgow-moltrein, die derde oudste moltreinstelsel ter wêreld, word in Glasgow, Skotland, in gebruik geneem. 1900 – Max Planck publiseer sy studie van die kwantumteorie. 1902 – Die eerste telegraafkabel word reg onderdeur die Stille Oseaan gelê. 1911 – Die eerste ekspedisie bereik die Suidpool, gelei deur Roald Amundsen. 1918 – Koning Väinö I van Finland doen afstand van die troon na die nederlaag van Keiserlike Duitsland in die Eerste Wêreldoorlog. 1927 – Irak word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk. 1939 – Die USSR word uit die Liga van die Nasies verban. 1946 – Die Verenigde Nasies stem om sy hoofkwartier in New York te vestig. 1960 – België, Denemarke, Duitsland, Frankryk, Griekeland, Ierland, Italië, Kanada, Luxemburg, Nederland, Noorweë, Oostenryk, Portugal, Swede, Spanje, Switserland, Turkye, Verenigde Koninkryk, Verenigde State van Amerika en Ysland stig in Parys die OESO. 1962 – Die Mariner 2-ruimtetuig word die eerste om verby Venus te vlieg. 1962 – Die Mona Lisa word gewaardeer teen VS$100 miljoen, die hoogste assuransiewaardasie vir 'n skildery in die geskiedenis. 1981 – Israel annekseer die Golan-hoogland. 1989 – Chili hou die eerste vrye verkiesing in 16 jaar en verkies Patricio Aylwin as die nuwe President van die Republiek. 1995 – Die Dayton-ooreenkoms word in Parys, Frankryk onderteken om 'n einde te bring aan die Joego-Slawiese oorloë. 2004 – Die Millau-brug in Frankryk, die hoogste brug ter wêreld, word amptelik geopen. 2012 – Die Sandy Hook Elementêre Skool-skietvoorval vind plaas, waartydens sewe-en-twintig mense, onder wie die aanvaller, gedood word in Sandy Hook, Connecticut. 2014 – Rolene Strauss, Mej. Suid-Afrika word as die nuwe Mej. Wêreld gekroon in Londen. 2025 – Vyftien mense word doodgeskiet deur ‘n pa en seun in, wat as ‘n antisemities massaskietery deur terroriste beskou word in Bondi Beach, Sydney, Australië.
Geboortes 1503 – Nostradamus, Franse astroloog en wiskundige († 1566). 1546 – Tycho Brahe, Deense sterrekundige († 1601). 1777 – Du Pré Alexander, graaf van Caledon, die tweede burgerlike goewerneur van die tweede Britse bewind aan die Kaap († 1839). 1851 – Maarten Pelser, predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk († 1902). 1867 – Alf Richards, Suid-Afrika se derde Springbokkaptein († 1904). 1868 – Jacob de Villiers, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika († 1932). 1895 – Koning George VI van die Verenigde Koninkryk († 1952). 1931 – Margaret Bakkes, Afrikaanse skrywer († 2016). 1932 – George Furth, Amerikaanse akteur († 2008). 1946 – Jane Birkin, Engelse aktrise († 2023). 1952 – Koos Bekker, Suid-Afrikaanse mediamagnaat. 1983 – Tatum Keshwar, Suid-Afrikaanse model van Durban en Mej Suid-Afrika in 2008. 1993 – Antonio Giovinazzi, Italiaanse Formule Eenrenjaer.
Sterftes 872 – Pous Adrianus II, die 106de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 792). 1542 – Jakobus V van Skotland, koning van Skotland (* 1512). 1788 – Carl Philipp Emanuel Bach, Duitse komponis (* 1714). 1799 – George Washington, eerste President van die Verenigde State (* 1732). 1861 – Prins Albert, die metgesel van Koningin Victoria (* 1819). 1970 – Cecilia Wessels, Suid-Afrikaanse operasangeres (* 1895). 1989 – Andrei Sakharov, Russiese kernfisikus, dissident, Nobelpryswenner en aktivis (* 1921). 2013 – Zirk Bergh, sanger skiet drie persone en homself (* 1958). 2013 – Peter O'Toole, Ierse akteur, bekend gestaan as Lawrence of Arabia (* 1932). 2017 – Robert C. Sproul, Amerikaanse Gereformeerde teoloog, predikant en stigter van Ligionier Ministries (* 1939). 2025 - Rob Reiner, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1947).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Die Fees van Sint Johannes van die Kruis (in die Rooms-Katolieke Kerk en die Kerk van Engeland).
Kategorie:Desember