10 Desember is die 344ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender, (345ste in skrikkeljare). Daar volg nog 21 dae in die res van die jaar.
Gebeure
741 – Pous Sagarias volg Pous Gregorius III op. 1477 – Pous Sixtus IV stel sewe nuwe kardinale aan waaronder drie familielede, Cristoforo della Rovere, Girolamo Basso della Rovere en Raffaelle Sansoni Riario. 1508 – Die Heilige Bond kom tot stand onder leiding van Pous Julius II. 1607 – Pous Paulus V stel vyf kardinale aan, waaronder Maurizio di Savoia, nefie van die koning van Spanje. 1633 – Emilio Bonaventura Altieri (later Pous Clemens X) word goewerneur van Loreto. 1726 – Pous Benedictus XIII verklaar Dominic Gangala (Jacobus van die moerasse) en Turibus van Mogroveio heilig. 1792 – Pous Pius VI publiseer "Perpensis circumstantiis" oor die toestand in Frankryk. 1817 – Mississippi word die 20ste deelstaat van die Verenigde State. 1868 – Die eerste verkeersligte word buite die Westminsterpaleis in London geïnstalleer. 1869 – Wyoming, Verenigde State gee aan vroue die reg om te stem. 1898 – 'n Verdrag wat die Spaans-Amerikaanse oorlog beëindig, word in Parys, Frankryk onderteken. 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Stormberg vind plaas. 1901 – Die eerste Nobelpryse word toegeken. 1902 – Die eerste Aswan-dam in die Nylrivier voltooi. 1906 – Theodore Roosevelt wen die Nobelprys vir Vrede. 1936 – Edward VIII abdikeer. Hy is die enigste Britse monarg wat die troon vrywillig opgee. 1948 – Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering neem die Universele menseregteverklaring aan. 1953 – Dr. Albert Schweitzer wen die Nobelprys vir Vrede. 1963 – Zanzibar word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1975 – Andrei Sacharof wen die Nobelprys vir Vrede. Die prys word deur sy vrou Yelena Bonner namens hom aanvaar. 1978 – Menachem Begin en Anwar Sadat wen die Nobelprys vir Vrede. 1983 – Lech Wałęsa wen die Nobelprys vir Vrede. Die prys word deur sy vrou, Danuta, namens hom aanvaar. 1984 – Desmond Tutu (Suid-Afrika) wen die Nobelprys vir Vrede. 1993 – President Nelson Mandela en voormalige staatspresident Frederik Willem de Klerk (beide van Suid-Afrika) wen die Nobelprys vir Vrede.
Geboortes 1815 – Ada Byron of Lovelace, Britse wiskundige en skryfster, die eerste rekenaarprogrammeerder († 1852). 1822 – César Franck, Belgiese komponis († 1890). 1858 – George Simpson, Kanadese politikus († 1906). 1870 – Adolf Loos, Oostenrykse argitek († 1933). 1882 – Shigenori Tōgō, Minister van Buitelandse Sake vir die Japannese Keiserryk († 1950). 1883 – Giovanni Messe, Italiaanse generaal en politikus († 1968). 1891 – Nelly Sachs, Duits-Sweedse skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Literatuur in 1966 († 1970). 1908 – Olivier Messiaen, Franse komponis († 1992). 1937 – Piet Uys, Springbokrugbyspeler († 2009). 1957 – Michael Clarke Duncan, Amerikaanse akteur († 2012). 1960 – Kenneth Branagh, Noord-Ierse akteur en filmregisseur.
Sterftes 1041 – Michael IV, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1010). 1081 – Nikephoros III, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1002). 1198 – Averroës, Spaanse filosoof en arts (* 1126). 1618 – Giulio Caccini, Italiaanse komponis van die vroeë baroktydperk (* 1551). 1865 – Koning Leopold I van België (* 1790). 1884 – Eduard Rüppell, Duitse natuurwetenskaplike en ontdekkingsreisiger in Afrika (* 1794). 1896 – Alfred Nobel, Sweedse ondernemer, uitvinder van dinamiet en stigter van die Nobelprys (* 1833). 1898 – Thomas Upington, vierde eerste minister van die Kaapkolonie (* 1844). 1911 – Sytze Wierda, Nederlandse argitek in die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) (* 1839). 1957 – Maj. James Stevenson-Hamilton in Skotland. Met sy aftrede is sy droom van die stigting van die Nasionale Krugerwildtuin in Suid-Afrika bewaarheid (* 1867). 1990 – Daan Retief, Suid-Afrikaanse akteur, radio-omroeper, rolprentregisseur. Bekend as Staal Burger in sy radiovervolgreekse (* 1921). 1994 – G.S. Nienaber, Afrikaanse taalkundige (* 1903). 2006 – Augusto Pinochet, Chileense generaal en politikus (* 1915).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Die Nobelprys-seremonie, 'n amptelike vlagdag in Swede. Menseregtedag soos ingestel deur die Verenigde Nasies. Feesdag van Pous Miltiades in die Rooms-Katolieke Kerk. (Sommige bronne gee 10 Januarie).
Kategorie:Desember