Hierdie artikel handel oor die Zoeloetaal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Zoeloes.
duimnael|links|Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Zoeloetaliges in 2011: duimnael|links|Geografiese verspreiding van Zoeloe in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011: duimnael|links|Drietalige apartheidsteken in Durban in Engels, Afrikaans en Zoeloe, wat aandui dat die strand gereserveer is vir gebruik deur die witrassegroep
Zoeloe (isiZulu in Zoeloe) is die taal van die Zoeloes en is een van die twaalf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 11,6 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus). Dit maak dit die taal met die meeste moedertaalsprekers in Suid-Afrika. Omtrent 15,7 miljoen mense gebruik Zoeloe as tweede taal, en dit is die tweede mees verspreide taal in Suid-Afrika. Die grootste aantal Zoeloesprekers woon in KwaZulu-Natal. Die taal is ook nouverwant aan Xhosa en is deel van die Nguni-taalfamilie: Xhosa en Zoeloe is onderling verstaanbaar en kan byna as dialekte van dieselfde taal beskou word.
Die taal was oorspronklik slegs 'n spreektaal gewees (soos baie ander inheemse tale van Afrika). Eers sedert persone van Europese afkoms, soos Prof. Dirk Ziervogel, die taal bestudeer en 'n grammatika ontwikkel het vir 'n geskrewe taal, kon mense ook in Zoeloe skryf. Alle oorvertellings was dus mondelings, of in 'n ander taal wat neergeskryf kon word. Daarom is dit byna onmoontlik om geskrewe geskiedenis in Zoeloe te vind.
Woorde Algemene woorde en frases: Afrikaans Zoeloe Welkom Ukwemukela (naamwoord) / Emukela (werkwoord) Dankie Ngiyabonga Goeiedag / Hallo Sawubona (enkelvoud) / Sanibonani (meervoud) Totsiens Sala kahle (bly wel) / Hamba kahle (gaan wel) Rook verbode Akubhenywa Geen ingang Akungenwa Pasop vir die trap Qaphela isitebhisi Pasop! Qaphela! Veels geluk met jou verjaarsdag Usuku lokuzalwa oluhle Seisoengroete Izilokotho Ezinhle Zamaholide Geseënde Kersfees Ukhisimusi omuhle Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar Ukhisimusi omuhle nonyaka omusha onenjabulo
Sien ook Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke Tale in Suid-Afrika Zoeloe Wikipedia
Verwysings
Eksterne skakels
Zoeloe-Engels/Engels-Zoeloe Woordeboek
Taalhulpmiddels Vry en gratis Zoeloe speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird
Sagteware in Zoeloe Mozilla Firefox - webblaaier Mozilla Thunderbird - e-posprogram OpenOffice.org - kantoorsuite Translate.org.za - 'n Projek om vrye en oopbronsagteware in Zoeloe en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal Pootle - aanlyn vertaling van Zoeloe oopbronsagteware
Kategorie:Nguni-tale Kategorie:Tale van Eswatini Kategorie:Tale van Lesotho Kategorie:Tale van Malawi Kategorie:Tale van Mosambiek Kategorie:Tale van Suid-Afrika Kategorie:Tale van Zimbabwe